Wednesday, March 9, 2011

Wat is herlewing of wedergeboorte

Dit is wanneer God die Heilige Gees opdrag gee om jou geestelike oog oop te maak.  Die oomblik wat jy die Heilige Gees aanneem en glo dat Jesus vir jou sonde (dit wat jy reeds gedoen het en wat jy nog gaan doen) gesterf het en met sy kosbare bloed daarvoor betaal het, geskied die voorbereiding van jou kant af sodat die Gees van God permanent in jou kan woon en jou geestelike oog laat oopgaan.  Die toekomstige sonde waarna ek verwys, is nie sonde wat ons willens en wetens doen en ons verwag net God moet dit oorsien nie.  Nee, vanaf daardie oomblik dat jy die Heilige Gees aanvaar het, moet jy bewustelik lewe om nie sonde te doen nie.  Dit sal ook nie wees asof jy sondevry gaan wees nie, nee, ons bly in 'n sondige wêreld maar ons moet daagliks pleit in gebed en vra dat Jesus ons sal vergewe vir sondes wat ons moontlik gedoen het en waarvan ons nie bewus is nie.  Lees wat vra Nikodemus vir Jesus omdat hy as mens nie verstaan en te klein is om te begryp wat Jesus bedoel het.

Johannes 3:4 "Nikodemus vra toe:  Hoe kan 'n mens gebore word as hy al 'n bejaarde is?  Hy kan tog nie vir 'n tweede keer in sy ma se skoot gaan en gebore word nie?"

Lees more verder oor wat Jesus se antwoord was.

No comments:

Post a Comment