Thursday, July 28, 2011

Die liefde soos omskryf in 1 Kor 13 is 'n beskrywing van God se liefde vir ons.  Dit word deur Hom aan ons geskenk.  Jy kan selfs hierdie liefde gebruik wanneer liefdeloosheid begin kop uitsteek omdat Jesus se reinigende fontein van bloed altyd tot ons beskikking is.  Hy los ons nooit, dit is ons wat sondig en Hom dan los, maar Hy is 'n genadige God wat dit weer vir ons beskikbaar stel. 

Jak 2:12-13 "Sorg dus dat jou woorde en dade wys dat jy iemand is wat weet dat jy beoordeel gaan word deur die wet wat vrymaak, die wet van die liefde.  Jy sal verseker geen deernis kry as jy nie deernis betoon nie.  God se deernis vir jou is egter sterker as sy oordeel."

Tuesday, July 26, 2011

Die keuse van herlewing

Wanneer ek myself gekonfronteer het oor die onderwerp van gister, kan ek kies om 'n keuse te maak.  Indien ek herlewing kies, verlang ek dat die Heilige Gees teenwoordig sal wees in my alledaagse lewe.  Wat die herlewingsproses voorafgaan is dat ek die teenwoordigheid van sonde in my lewe moet herken en erken, my eie sonde, nie iemand anders sin nie.  Wanneer ek dit erken, bely ek hierdie sonde by die kruis van Jesus en vertrou Hom om my daarvan te reinig.  Wanneer dit gebeur, vloei Sy selfopofferende liefde, lankmoedigheid en verdraagsaamheid deur ons harte.  Sy bloed reinig ons daarvan en Hy verwag dat ons die sondes wat ons bely het nou by Hom los - dit nooit weer terug te neem nie.  Die bloed van sy reinigende fontein maak dat ons nooit weer herinner moet word daaraan nie, ons is reeds vergewe.  Ons neem Jesus aan en Hy is nou ons sin en so ook is sy natuur ons sin.

Mat 12:31 "Dit verseker Ek julle:  God sal elke sonde of lastering vergewe, maar lastering teen die Heilige Gees sal Hy nie vergewe nie."

Monday, July 25, 2011

Verwaandheid

Verwaandheid openbaar homself in verskeie maniere.  Daardie gedagte van: "ek weet beter, ek het beter, wil onsself laat geld oor ander, minagting van 'n ander persoon, manipulasie, houding van meerwaardigheid, onvriendelikheid, ongeduld, jaloesie, verwaandheid, eiesinnigheid, selfsug, verbitterdheid, weersin, ens. is deel hiervan.  Dit bring spanning, skeiding en onenigheid in gemeenskap met God en ander mense.  Indien jy hierdie kenmerke herken in jou eie lewe/gesinslewe, het jy die keuse om 'n verandering te maak.  Die vraag is:  is ek honger genoeg om gewillig te wees sodat verandering kan plaasvind of gaan die "eie ek" (jou eie wil) maar voort om die stryd te voer?  Indien jou keuse die tweede opsie is, hou in gedagte dat dit 'n lang, uitputtende en uitgerekte reis sal wees wat jou siel gaan vernietig.

Gal 5:16 "Ek sê:  laat julle leefstyl eerder deur die Gees bepaal word.  Dan sal julle glad nie aan die begertes van julle sondige geaardheid toegee nie."  


Friday, July 22, 2011

Dankie Heer

dat U my met U hand gevorm het;
U het my soos klei gevorm en berei;
Dit is U wat vir my bene, senings en vleis gegee het
en dit versigtig toegevou het met vel;
U het dit met liefde aanmekaar geweef
en U voorsien my van U ruag sodat ek kan asem haal en lewe;
U sorg waak in liefde oor my, elke dag van my lewe.
Amen.

Thursday, July 21, 2011

Wat is verkeerd in ons huis (2)?

Dit gebeur dat ons te bang is om ernstig en openlik te wees oor 'n krisis.  Bang dat ander nie te naby aan ons moet kom en sien wie ons werklik is nie.  Mense vermy iemand wat nie opreg is nie en so word die intieme gemeenskap in die huis negatief beinvloed.  Die behoefte om mekaar werklik lief te hê word ondermyn.  Maar wat beteken liefde dan nou eintlik?  Dit is nie 'n sentimentele gevoel of 'n passie nie. 
1 Kor 13 vertel vir ons dat liefde in der waarheid kwaliteite het soos:
  • dis geduldig en vriendelik;
  • dis nie afgunstig nie;
  • dit praat nie groot nie en is nie verwaand nie;
  • dit handel nie onwelvoeglik (onbeskof) nie;
  • dit soek nie eie belang (selfugtig) nie;
  • dis nie liggeraak (geirriteerd) nie;
  • dit hou nie boek van die kwaad nie (koester geen kwaadwillige/onvriendelike gedagtes oor ander nie);
Die liefde gaan dus nie oor "my" nie maar moet in belang strek van die betrokke partye.

Tuesday, July 19, 2011

Wat is dan verkeerd in ons "huis" (1)?

Ons verhouding met mekaar in die huisgesin is verkeerd:  dis nie waarlik openhartig nie.  Ons leef elkeen agter ons eie skerm sodat die wat selfs die naaste is aan ons, nie weet wat met ons omgaan nie - ons moeilikhede, worstelings, telleurstellings en ook dit waarvan die Here ons moet reinig nie.  Ons probeer dit verberg van God en van mekaar en dit bring sonde mee. 

Rom 12:1-2 "As julle dink aan alles wat God in sy groot ontferming vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as 'n lewende en heilige offer.  Dit is die soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak.  Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvou deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe.  Dan sal julle goed kan onderskei wat Hy wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is."

Monday, July 18, 2011

Teenwoordigheid van die duif

Die duif is 'n teken van vrede - 'n aanduiding dat ons gereinig is deur die bloed van Jesus en waarin ons in nederigheid met Hom, die Lam, wandel. Vrede is die teken van die Heilige Gees se teenwoordigheid en volheid.  Wanneer die duif ophou sing in jou hart, is dit omdat die vrede versteur word en dat die oorsaak sonde is. 

Kol 3:15 "En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee."

Friday, July 15, 2011

Authur unknown

Lord, break me, then cleanse me and fill me
And keep me adibing in Thee;
That fellowship may be unbroken,
And Thy Name be hallowed in me.

Return, O havenly Dove, return,
Sweet messenger of rest!
I hate the sin that made Thee mourn,
And drove Thee from my breast.

Thursday, July 14, 2011

Authur unknown

He humbled Himself to the manger,
And even to Calvary's tree:
But I am so proud and unwilling,
His humble disciple to be.
He yielded His will to the Father,
And chose to abide in the Light:
Bit I prefer wrestling to resting,
And try by myself to do right.


Please follow the next part tomorrow.

Tuesday, July 12, 2011

Waar begin herlewing?

Herlewing begin by die huis.  Herlewing beteken dat daar 'n nuwe lewe in jou hart is plaasvind waarvan die geestelike hernu word en eie inspanning en die selfaangevoerde ek afsterf om meer te word in Jesus.  God gee dit aan ons deur Sy genade en wil ons vul daarmee sodat dit ryklik deur ons kan vloei.  Ons lewe spreek daarvan deur die gemeenskap en eenheid met die waarmee ons saam lewe.  Die huis is die plek waar hierdie eenheid beleef behoort te word. 

Joh 14:16-18 "Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid.  Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie.  Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees."

Monday, July 11, 2011

Steurnis van harmonie

Duisende eeue terug het Adam en Eva geleef vir God en Hom verheerlik.  Hulle was nederig en het hul posisies van skepsels aanvaar asook die onderwerping en oorgawe van Sy wil.  Omdat hulle dit gedoen het was hulle geheel en al aan mekaar onderworpe.  Daar was harmonie, vrede, liefde en eenheid tussen mekaar en met God.  Maar skielik op 'n dag was hierdie balans versteur en het sonde dit bederf.  Hulle het hul gemeenskap en vrede met God en mekaar verloor.  Elkeen was vir homself en het vir homself geleef.  Die resultaat van sonde was nou tweedrag en haat.

Job 39:37-38 "Ek het dwase dinge gesê.  Hoe kan ek U antwoord?  Ek sit my hand op my mond.  Ek het een keer gepraat.  Ek het niks meer om te sê nie." 

Friday, July 8, 2011

Wat kan ek doen?

Wanneer ek afgestomp, alleen, ongewaardeerd, niks meer werd, deur die modder gesleep, poot uit, te kort het aan vreugde, uit stres, pyn in my verlede ervaar het, moedeloos is, skuldig voel of onafhanklik is van iets in my lewe, wat kan ek doen om beter te voel of om nie meer so te voel nie?
Indien jy nog nie 'n daaglikse tydjie afknyp vir gebed en bybelstudie met God nie, is dit die ideale tyd om dit te begin doen.  Dit sal jou geestelike lewe verryk en vorm deel uit van jou genesingsproses.  Sonder hierdie basis sal alle pogings faal om beter te word, want die Heilige Gees is die bron van genesing - Hy bemoei Hom met dit.  God moet die fondament van jou lewe wees waarop jy 'n sterk gees en tempel
(liggaam) bou.

Indien jy dit reeds doen, kan jy 'n selgroepie nader.  Sommige mense is sku of trots om by selgroepies aan te sluit.  Daar is egter baie waarde verbind aan so groepie:  'n mens leer baie uit ander se foute, dit stimuleer geestelike en persoonlike groei in jou verhouding met God.  Soos Jesus moet ons leef in die Lig van God en wanneer ons dit doen ervaar ons 'n wonderlike gemeenskap met ander en put ons vreugde daaruit.  Dit is nie al nie - die kosbare bloed van Jesus reinig ons van sonde.  Soos jy groei sal jy leer om jouself voortdurend te reinig deur Sy bloed want almal doen daagliks sonde.

Sommige van ons voel dit wat ons ervaar is heeltemal oorweldigend en kan dit nie self hanteer nie.  Wanneer jy so voel, mag dit vir jou tot voordeel wees om 'n pastorale berader te nader sodat hy/sy vir jou kan help.  Wanneer die proses egter voltooi is met die pastorale berader, gaan terug na stap twee toe - die selgroep.  'n Mens moet opreg verbind wees om 'n probleem op te los en bereid wees om vandaaraf te groei.

Wednesday, July 6, 2011

Sonde weerhou herlewing van God se mense.  Hoe keer die Duif terug in my lewe en ervaar ek Sy vrede en krag?  Ons het nodig om nederig, sagmoedig en onderworpe te word aan die Heilige Gees sodat Jesus se bloed in ons lewe besprinkel kan word.  Soms moet ons net stil staan en wonder, hoe gewond en seergemaak Jesus vir my sonde moes gewees het?  Dit is dan juis wanneer ons ons sonde in Jesus se hart raak gesien het en hoe verkeerd dit was, dat ons gebreek word en gewillig word om ons sonde te bely en dit reg te maak wat ons verkeerd gemaak het.  Wanneer dit gebeur, word ons gereinig van ons sonde en ontvang ons vrede en seën in ons lewe.


Engelse gebed:
Lord, break me, then cleanse me and fill me
Keep me abiding in Thee;
That fellowship may be unbroken
and Thy Name be hallowed in me.
Amen.

Tuesday, July 5, 2011

Eienskappe van die Lam voor Sy slagting

Hy was gewillig om geskeer te word van al Sy regte, reputasie en elke moontlik vryheid wat Hom toegekom het.  Hy het dit sonder enige teenstand gedoen.  Terwyl Hy deur mense fisie - en emosioneel geslaan was met voorwerpe en hul tonge het Hy nie teruggeslaan nie, Hy was die mindere.  Hy het gely en hulle nie gedreig nie.  Daarinteen, verwag ons om altyd behandel te word met eerbied wat ons toekom, ons is nie bereid om dit wat ons eie is terwille van Hom te verloor nie.

Joh 15:13 " Niemand het 'n groter liefde as hierdie nie:  dit is dat iemand sy lewe opoffer ter wille van sy vriende." 

Monday, July 4, 2011

Die karakter van die Lam

Jesus in mens, het geen planne van Sy eie gehad het nie, maar uitsluitlik die van Sy Vader.  Hy was hulpeloos en eenvoudig.  Hy het geen krag of wysheid van Sy eie gehad nie, geen planne beraam om Homself uit die moeilikheid te red nie, maar net voortdurens gestreef daarna om afhanklik te bly van Sy Vader.  Ons aan die ander kant, is selfgesentreerd en wil konstant in beheer wees maar juis om hierdie rede het die Duif (Heilige Gees) tot ons redding gekom sodat ons ook afhanklik kan bly van God.  Die vraag is net, gaan ons gewillig wees om dit te doen?

Joh 5:19 "Die Seun kan niks uit Sy eie doen nie.  Hy doen maar net wat Hy die Vader sien doen."

Friday, July 1, 2011

Dra jou vrugte

Geestelike groei en 'n oorwinnende lewe is die vrug van die Heilige Gees en mag ons geen erkenning daarvoor ontvang nie.  Daar word nie van ons verwag om vrug te lewer nie, maar om dit te dra.  In Johannes sien ons dat die Lam van God ons sonde weggeneem het en dat 'n dit op Hom neergedaal het.  Beide is saggeaarde diere, die lam spreek van sagmoedigheid, oorgawe en onderworpenheid en die duif van vrede.  Dit simboliseer vir ons dat ons nederig moet wees wanneer ons met God wandel.  Wanneer ons wil hê die Heilige Gees moet in ons kom bly, moet ons bereid wees om gewillig te wees sodat die duif ook rustig op ons kan sit sonder om te skrik en weg te vlieg. 

Lukas 7:27 "Kyk, Ek stuur my booskapper voor jou uit, en hy sal die pad voor jou gereedmaak."

Haal af die masker

Wanneer ons 'n masker dra om sonde weg te steek, byvoorbeeld as ek so kwaad was vir iemand omdat hulle nie gedoen het wat hulle belowe het nie, laat die masker ons in die duisternis inbeweeg.  Dit verwyder ons van God wat in die Lig is waar alles oopgewerp word.  Dit beteken dat ons nie opreg voor ons medemens asook teenoor God is nie.  Enige vorm van sonde moet erken word sodat dit met die bloed van Jesus gereinig kan word en sodoende sal ons verhouding met ons medemens en God herstel word.  Ons sondig op 'n daaglikse basis en om elke dag te vra in gebed dat Jesus ons skoon was van alle onreinhede, bring vernuwing, vorming, groei en sal herlewing vir jou ook bring wat nog nie hierdie kosbare geskenk ontvang het nie - hou aan.

Rom 8:26 " Die Gees van God help ons ook nog boonop in ons onbeholpenheid.  Ons weet immers nie mooi wat en hoe ons moet bid nie.  Maar die Gees self neem ons gebedsbehoeftes voor God op met versigtinge wat nie in menslike taal verwoord kan word nie."