Sunday, January 30, 2011

Balans

Om balans te handhaaf in ons daaglikse leefwyse is van kardinale belang.

Wanneer ons soms onder geweldige druk is as gevolg van ons moderne era, is dit belangrik dat ons tyd sal maak om 'n verhouding met Jesus te kweek.  Om ons in staat te stel om 'n verhouding met Hom te kan hê, moet ons die Heilige Gees innooi.  Ons moet ook versigtig wees in wat ons dink, doen en sê, aangesien die Heilige Gees ons dan ly en nie meer ons eie wil nie.  Die Heilige Gees word 'n skakel om tot Jesus te bid.  Verder moet ons deernis toon aan ons mede mens en nie optree vanuit ons sondige natuur nie.

Jakobus 2:12-13 "Sorg dus dat jou woorde en dade wys dat jy iemand is wat weet dat jy beoordeel gaan word deur die wet wat vrymaak, die wet van liefde.  Jy sal verseker geen deernis kry as jy nie deernis betoon nie.  God se deernis vir jou is egter sterker as sy oordeel."

Friday, January 28, 2011

Piekniek

Kom vanoggend saam met my op 'n piekniek.

Ons drink uit die beker met cuppicino in, aan God se beskerming.  Ons word bedien deur God se engele met goue skinkborde.  'n Suiker of twee vir jou?  Ons word bedien vanaf 'n groot klip waarop dit voorberei word.  Op die klip is daar verskeidenheid lekkernye, onder andere genade, vrede, liefde en vreugde.  Jy is welkom on soveel te neem as wat jy wil.  Gesondheid!

Lukas 4:10 "... God sal aan sy engele opdrag gee om jou te beskerm.  En hulle sal jou soos goud oppas sodat jy nie dalk jou voet teen 'n klip stamp nie."

Thursday, January 27, 2011

Natuur

God se skepping

Gedurende jou reis op die pad, neem jy die mooiheid  van God se handewerk waar.  Daar is verskillende kleure, groottes en geure.  Nie een is dieselfde as die ander een nie.  Neem ons nie soms hierdie klein goedjies as vanselfsprekend aan, selfs hoe perfek Hy ons geskape het nie?  Soms raak ons so besig dat ons nie die wonder van klein goedjies kan waardeer nie.  Stop jou voertuig net daar en neem die heerlikheid en grootsheid van God se skepping in.  Asem Sy vars lug in wat Hy as geskenk vir jou gee elke oggend, dank Hom vir 'n sonskyn oggend of die reëns wat Hy die aarde mee seën.

Jesaja 35:2 "Ja, daar sal 'n oorvloed wees van blomme, en 'n gejuig en gesing!  Die wildernisse sal groen word soos die Libanonberge, so mooi soos die weivelde van Karmelberg en die Saronvlaktes.  Daar sal die Here sy heerlikheid ten toon stel, en die grootsheid van ons God ."

Wednesday, January 26, 2011

Word saam sterk

Liefde word versterk deur saam deur konflik te werk.

In 'n verhouding bereik ons soms 'n Cul de Sac, dit draai heeltyd in die rondte .  Mense praat altyd van die "7 jaar edge".  Dalk is dit dood normaal vir jou verhouding om hierdie punt te bereik, want dit beteken dalk dat ons verhouding gereed is vir verdere groei op 'n ander vlak.  Indien julle hierdie pad stap saam met Jesus, wag daar 'n skatkis van beloning aan die anderkant.  Doeltreffende kommunikasie en konflik hantering gedurende hierdie tydperk is uiters noodsaaklik en die proses herhaal homself so ongeveer elke 7 jaar.  Wanneer 'n paartjie trou, moet hulle juis bewus gemaak word daarvan voordat hulle in die eg verbind word. Deur dit te doen, neem hulle kennis dat:  dit wat oor hulle pad kom nie uniek aan hulle is nie, dit is die wyse waarop hulle dit hanteer.  Waar die meeste van ons die fout begaan, is dat ons die maklike uitweg wil kies - wat eintlik die moeilikste uitweg is.  Ons moenie toelaat dat dit wat God saamgestel het, verwoes word deur ons eie begeertes nie.

Lukas 19:42 "Hy het verder gesê:  As jy op hierdie oomblik maar net sou insien watter dinge vir jou vrede bring!  Maar nou is dit weggesteek vir jou oë."

Tuesday, January 25, 2011

Toeter

Die funksionerende toeter van jou voertuig.

Soos 'n voertuig 'n funksionerende toeter het om iemand te waarsku, moet ons mond 'n funksionerende toeter wees vir Jesus.  Ons moet seker maak dat die toeter van ons voertuig met versigtigheid van wat geuiter word gebruik en ons moet nie toet omdat ons 'n oordeel oor iemand anders wil uitspreek nie.  Toet jy Jesus se naam wanneer jou enjin (hart) aangeskakel is en glo jy dat jou toeter jou en ander mense sal red van gevare sodat hulle ook gered kan word?

Romeine 10:9-10 "Want as jy met jou mond bely dat jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.  Want as ons glo met ons hart, word ons vrygespreek en as ons met ons mond bely, word ons gered."

Monday, January 24, 2011

Winterseisoen

Wat doen ek gedurende winterseisoene van my lewe?

Partykeer word selfs ons daaglikse roetine te veel vir ons, veral tydens die "winterseisoen" van ons gemoed.  Drie items wat in jou bagasiebak ingepak moet wees, is Jesus, jou roetine en oefening.  Jesus sal jou help om deur jou wintertydperk te reis.  Hy was ook mens, Hy het ook wintertye beleef en juis vir ons 'n voorbeeld daardeur gestel om na te volg.  Hy het vir my en jou sondes gely en ook Godsverlate gevoel maar nooit het Hy opgegee nie.  Hy het goeie moed gehou ten spyte van Sy omstandighede.  Jou roetine en oefening sal jou help om goeie moed te hou.  Sleep jou gemoed uit die bed en dwing jouself om te begin oefen, jy sal die vrugte daarvan pluk.

1 Petrus 4:19 "As julle dus ly omdat julle doen wat God wil hê, moet julle aanhou goeddoen en julle lewe oorlaat aan God wat julle gemaak het.  Hy sal julle nooit in die steek laat nie."

Friday, January 21, 2011

DIE GOD VAN PSALM 23

'n Beroemde akteur is per geleentheid as eregas na 'n dinee by 'n
aftreeoord genooi. Na ete was daar lofbetuigings oor die akteur se
roemryke loopbaan en is hy gevra om iets voor te dra.

Hy het gevra of daar 'n spesiale versoek is. Die mense was maar skaam
en was ook nie so bekend met sy repertorium nie. Toe staan 'n ou
man op en vra: Sal u nie asseblief vir ons Psalm 23 voordra nie?
Die akteur was effens uit die veld geslaan, want hy was eintlik bekend
vir sy vertolking van Shakespeare. Hy het 'n bietjie geaarsel en toe
sê hy: Met plesier. Ek dink ek ken nog die woorde.

Toe hy met sy pragtige stem en korrekte uitspraak begin voordra, het
almal behoorlik aan sy lippe gehang. Nog nooit het iemand die psalm
vir hulle so mooi voorgedra nie. Toe hy klaar was, het 'n spontane
handeklap losgebars.

Baie dankie. Baie dankie... Die akteur was amper aangedaan deur die
gehoor se waardering vir sy poging. Spontaan sê hy: Maar nou wil ek
graag 'n guns vra. Sal die persoon wat gevra het dat ek die psalm
voordra, dit nie ook vir ons voordra nie?

Ek, het die bejaarde dominee verbaas gevra? Ek weet niks van
voordragkuns nie en my stem is maar taamlik treurig. Maar as u dit as
'n guns vra, kan ek nie weier nie. Die akteur beduie dat hy vorentoe
moet kom, maar die ou man glimlag en sê: Toemaar, ek staan sommer hier
by my sitplek.

Toe begin hy met sy ietwat krakerige stem Psalm 23
voordra... Aan die einde van die psalm het niemand hande geklap nie,
maar die hele gehoor het met geboë hoofde gesit en min oë was droog.
Sien julle die verskil? vra die akteur met oë vol trane. Ek het julle
oë en ore bereik, maar hierdie man het julle harte geraak.

Want sien, ek ken Dawid se psalm, maar hierdie man ken die God van die psalm.

Thursday, January 20, 2011

Vertroue

Om absoluut op God te vertroue, sal jy dit ontvang, maar .....

Ons ken almal die gevoel wanneer jou band onklaar is. Jy is instaat as bestuurder om daardie band te ruil, sodoende kan die voertuig weer beweeg.  Die voertuig kan homself nie help om die band te ruil nie, maar jy as bestuurder kan wel.  Jy weet verseker as bestuurder, dat die voertuig verder kan beweeg nadat jy die band geruil het.  Wanneer daardie gevoel jou oorweldig, tree op soos wanneer jou motor se band onklaar is.  Jy is die "voertuig" nou, bid, glo en vertrou dat God jou motor sal herstel.  Die crux is dat jy absoluut moet glo en God vertrou dat Hy dit wat jy gevra het, sal laat gebeur.

Matteus 21:21 "Jesus het geantwoord:  Ek verseker julle dat as julle vas glo en nie twyfel nie, julle nie net dieselfde sal kan doen nie, maar baie meer.  Julle sal selfs vir hierdie berg kan sê:  Mag God jou oplig en in die see gooi en dit sal so gebeur."

Vers 22 bevat die crux:  "Alles wat julle in gebed van God vra, sal julle ontvang, mits julle God daarmee vertrou."

Wednesday, January 19, 2011

Swaarkry

Swaarkry is deel van God se opvoedingsprogram.

Ons wonder partykeer hoekom ons deur moeilike tye reis.  Dit maak nie vir ons sin nie en ons is soms verward oor wat gebeur het.  Soms voel ons asof ons wêreld inmekaar tuimel en niks meer sin maak nie.  Ek wil vanoggend vir jou die versekering gee dat jy gedurende hierdie tye verseker kan wees dat God met jou is.  Sonder tyd af vir Hom in jou besige skedule en praat net met Hom wat swaar op jou hart lê.  Volhard en Hy sal ingryp wanneer jou las te swaar raak.  God dissiplineer ons gedurende swaartye en Hy wil juis hê ons moet leer daaruit.

Hebreërs 12:10-11 "..... maar God doen dit absoluut tot ons beswil, met die doel om ons te laat deel in Sy heiligdom.  Elke vorm van tug lyk vir ons op die oomblik na 'n rede vir trane as vir blydskap, maar later sal dit vir hulle wat daardeur gebrei is, die blye oes oplewer van 'n lewe volgens die wil van God".

Tuesday, January 18, 2011

Harde woorde

Harde woorde breek nie bene nie maar wel harte.

Soms word ons deur woede oorweldig en eien ons onsself die reg toe om beter te voel nadat die woedebui oor is.  Woede voed 'n lus vir wraak.  Onbeheerbare woede sal nie ons wêreld beter maak nie, maar simpatieke begrip van 'n ander persoon se probleem kan wel.  Indien iemand oorweldig was deur woede en jou woorde toegesnou het wat jou hart gebreek het, wil jy nie vanoggend daardie persoon vergewe sodat jy bevry kan word?

1 Petrus 2:23 "Toe Hy beledig is, het Hy nie terugbeledig nie; toe hy gely het, het Hy nie gedreig nie.  Hy het alles oorgelaat aan God wat altyd regverdig oordeel."

Monday, January 17, 2011

Moeilikheid

Om uit die moeilikheid te kom, moet mens gewoonlik daardeur.

Wie kan sê hulle was nog nooit in die moeilikheid nie?  Sekerlik nie een van ons nie.    
Partykeer staan ons verward en ons weet nie presies hoe om 'n probleem aan te spreek/op te los nie.  Soms gaan jou voertuig deur diep waters en soms deur vure.  Hoe sal ons ooit die voertuig deur die waters/vure van die lewe kry?  Weet net dat jy op Jesus kan vertrou, maak nie saak hoe diep die water, of hoe groot die vlamme van die vure in jou lewe om jou brand nie.

Jesaja 43:1-2 "Moenie bang wees nie, want Ek het jou verlos.  Ek het jou by jou naam geroep.  Jy is Myne.  Wanneer jy deur diep water gaan, sal Ek by jou wees.  Wanneer jy deur vuur stap, sal jy nie verbrand nie.  Die vlamme sal jou nie verteer nie."

Friday, January 14, 2011

Cup of tea

To all the readers. . . .  




 
Time passes.
Life happens.
Distance separates.
Children grow up.
Love waxes and wanes.
Hearts break.
Careers end.
Jobs come and go.
Colleagues forget favours.
Some don't call when they say they will.
BUT..........

Friends are there,  
No matter how much time  
And how many miles are between you.  

A friend  is never further  
Away, than needing them, can reach .
When you have to walk that lonesome  
Valley and you have to walk it for yourself,
Your friends will be on  
The valley's rim,  
Cheering you on,  
Praying for you,  
Pulling for you,  
Intervening on your behalf,  
And waiting with open arms at the valley's end.  

Sometimes, they will even break the rules and walk beside you.  
Or come in and carry you out.

The world wouldn't be the same without them, and neither would I.  

When we began this adventure called friendship  
We had no idea of the incredible joys
Or sorrows  
That lay ahead.  
Nor did we know how much  
We would need each other.

So have a cup of tea with me and enjoy your weekend! 

Thursday, January 13, 2011

Verwyte en bekommernisse

Indien jy jou hart vul met verwyte oor gister en bekommernisse van móre, het jy geen vandag om voor dankbaar te wees nie.

Soms kom daar dinge/mense oor ons pad/ iets drasties gebeur dalk in jou lewe en dit laat 'n merk binne in ons "voertuig".  Ek wil vandag aan jou meedeel dat jy nie self die swaar gewig van verwyte of bekommernisse op jou skouers hoef te dra nie.  Wanneer ons dit self wil dra word dit net al swaarder na mate die tyd aanstap.  Soos ons 'n voertuig wat in 'n ongeluk of 'n beskadiging van iemand wat sy voertuig se deur teen jou motor se deur per ongeluk gekap het, kan ons dit neem na die paneelklopper vir herstelwerk.  Wanneer ons die voertuig terug ontvang, lyk dit sommer splinternuut!  Neem vandag jou "voertuig" vir herstelwerk by Jesus.  Laat Hom toe om jou verwyte en bekommernisse en hartseer te hanteer en bid om vergifnis daarvoor.  Hy sal op Sy tyd jou "voertuig" heel.  Dit gaan ook nie oor wie wen en wie verloor nie, maar bloot net oor nederigheid.  Sy woord sê juis vir ons dat die seermaak ons vorm waartoe Hy ons roep in vers 21.  Jesus het aan die kruis gely vir ons en ons moet sy voorbeeld van die hantering van lyding volg.  Hy het immers nie verdien om vir almal se sondes te sterf nie, maar God se doel was dat Jesus vir almal se sonde sterf en Jesus was nederig in God se oë.

1 Petrus 2:19-20 "Dit is immers iets besonders as jy, omdat jy in gedagte hou wat God wil hê, onverdiende houe vat, al maak dit jou seer.  Daar is natuurlik geen onverdienste daarin as julle die houe vat vir 'n oortreding nie.  Om egter die houe te vat wanneer julle goeddoen, dit is iets besonders voor God".

Wednesday, January 12, 2011

Vertrou Hom

Dank God vir wat jy het en vertrou Hom vir wat jy benodig.

Wanneer 'n mens na jou "voertuig" kyk in die weerskaatsing van 'n spieël, is jy eintlik volmaak.  Hoekom is ons dan nie tevrede met wat ons sien en loop ons alewig met die idee van:  "ek wil hier verander en daar wil ek dit eerder so hê?"  Het jy al ooit in dankbaarheid jouself in die spieël verwonder?, ........ oor jou 10 tone, 10 vingers, 2 bene met voete, 2 arms met hande, volmaakte oë, ore, neus.  God het al hierdie hulpmiddele tot ons beskikking gestel om ons lewens te verryk, nie te kritiseer nie.   Het jy al ooit gevoel hoe harmonieus jy binne in voel na oefening?  Al wat jy benodig, is net daardie titseltjie wil om dit te doen.  Begin klein en neem treetjie vir treetjie.  Ons moet leer om  hierdie "middele" te gebruik en waardeer in stede daarvan om dit te kritiseer, dink jy nie?  Trek aan jou tekkies, begin jou reis in dankbaarheid en vertrou Hom vir wat jy benodig op jou lewensreis.

Heb 10:24 " Laat ons voordurend aandag gee aan mekaar - oor hoe ons mekaar kan aanspoor tot 'n meer kragdadige beoefening van liefde en goeie dade".   

Tuesday, January 11, 2011

Skoonheid

Elkeen het skoonheid maar nie almal sien dit nie.

Het jy al gewonder hoekom 'n vreemdeling langs jou se voertuig so skitter blink is?  ....van die bande tot binne by die bekleedsel.  Die eienaar van daardie voertuig is baie besorgd oor die kondisie daarvan en spandeer 'n wyle om die voertuig in sy tip top kondisie te behou.  Wat jy in gedagte kan hou, is dat jy ook 'n geleentheid het elke dag het om jou voertuig in tip top kondisie te hou, jy moet dit net aangryp.  Elke oggend as die son op kom, kan jy met sekerheid weet dat jy gedurende daardie dag die geleentheid moet aangryp om jou Eienaar te eer.

Markus 4:24-25 "...Hoe meer julle luister, hoe meer sal julle verstaan- en julle sal boonop nog meer ontvang.  Wie hulle oopstel vir my onderrig - vir hulle sal nog meer gegee word......"

Monday, January 10, 2011

Nuwe uitdagings

Here Jesus, dankie vir nog 'n jaar wat voor ons lê.  Dankie vir dit wat reeds verby is en die wete dat ons net by U voete kan rus in swaartye.  Dankie vir elke persoon wat U oor my pad stuur en vir elkeen wat hierdie blog volg, my gebed vir hom/haar is dat U hulle sal seën in wat hulle vir U kan doen. Amen.

Ons staan weer aan die begin van nuwe uitdagings en telleurstellings. 'n Jaar met opdraandes en afdraandes.  Dit is juis in tye van voorspoed wat jy 'n surplus van brandstof moet opgaar, want soms kan jou voertuig so uitgeput raak in tye van teëspoed, dat jy nie uitkoms sien nie.  Jou waardevolste besitting gedurende hierdie tye, is jou geloof.  Hou vas daaraan en volhard elke dag.  Wanneer ons op 'n "laagtepunt" is, is dit juis die beste begin vir God omdat ons totaal "naak" voor hom staan en Hy die regte uitrusting vir jou kan aantrek op Sy tyd.  Laat Hom toe om al die aardse mure binne in jou af te breek.

Die woord "naak" verwys na ons trots, beheer, beheptheid, belediging, jaloesie, ongesonde begeertes en vele meer.

Fillipense 4:19 "Omdat Christus Jesus dit verdien het, sal my God uit Sy ontsaglike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het".