Tuesday, May 31, 2011

Om jou span te vorm

Onthou om altyd eerlikheid en opregtheid te gebruik as die basis van jou span.  Dit moet duidelik uitgeklaar met jou spanmaat wees sodat julle op dieselfde "page" is en van daar af kan saam bou.  Indien jy of jou maat of beide van julle nog nie by die Kruis gebreek is nie, wees geduldig, God breek en voeg elkeen by die kringetjie van die Kruis op Sy regte oomblik, nie ons sin nie.  Kom op 'n daaglikse basis bymekaar wanneer dit julle pas en dinge rustig is.  Gebruik hierdie tyd om geestelike gemeenskap te kan beoefen deur tyd saam in God se Woord te spandeer, gebed te doen en geestelike ervarings openhartig/dit wat jy waardeer van jou maat met mekaar te kan deel. 

Spr 4:2 "Die opvoeding wat Ek julle gee, is van hoë gehalte.  Moenie My onderrig ignoreer nie."

Monday, May 30, 2011

Jou masker

Vir julle wat die moed bymekaar geskraap het en dit reggekry het om jou masker af te haal wil ek vanoggend sê baie dankie dat jy die moed gehad het om dit te doen en dat jy 'n tree buite jou gemaksone geneem het en iemand anders daarin toegelaat het om ook so vir jou en die ander persoon tot voordeel te kan wees. 
Vir die wat nog nie genoeg moed bymekaar geskraap het om dit te doen nie, hou aan oefen voor die spieël totdat jy gemaklik is om daardie treetjie buite jou gemaksone te neem.  Ek wil jou verder aanmoedig om wel hierdie tree te neem, al neem dit ook 'n bietjie lank.  Om hierdie tree te neem, maak dit makliker in die toekoms om saam met iemand oor die "heuwels" van die lewe te reis, instede van by jouself.

Spr 3:5 "Vertrou op die Here met alles wat jy het.  Moenie staatmaak op jou eie insigte nie."

Friday, May 27, 2011

Ontmasker jouself

Ek wil vanoggend vir jou vra om jou masker af te haal.  Neem die vrymoedigheid om oor die verloop van die naweek jou masker teenoor jou man of vrou af te haal en openlik met hom of haar te wees.  Wees opreg en eerlik en jy sal verbaas wees wat met jou huwelik gebeur.  Miskien is jy dalk nog huiwerig.  Jy kan voor die spieël oefen en eers aan jouself jou ontmasker.  Ek wil tog vir jou aanmoedig om die vrymoedigheid te neem om teen die einde van die naweek jouself aan jou maat te ontmasker.  Jy kan dit doen en as jy nie weet hoe nie, dan bid jy eers en vra dat die Heilige Gees jou lei.

Hebreers 10:36 "Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam.  Dan sal julle ontvang wat God beloof het."

Thursday, May 26, 2011

Bevry van slawerny

Wanneer ons saam met Jesus wandel is ons bevry van slawerny.  Ons hoef nie onsself te ontbloot aan al wat leef en beef nie, die belangrikste is die gesindheid-gewilligheid om oop en eerlik in die Lig te wandel eerder as die daad self.  Ons moet die wapenrusting van die lig aantrek wanneer ons openlik en eerlik is met bns medemens en wanneer God dit van ons verwag.  Ware deursigtigheid mag vir ons as mens vernederend voel, maar dit maak ons verhouding met Jesus 'n werklikheid en die Heilige Gees gee ons nuwe kennis.

Spreuke 25:13 "Vir die een wat hom stuur, is 'n betroubare booskapper net so verskikkend soos sneeu in die somerhitte van die oes.  Hy gee vir sy werkgewer nuwe moed."

Wednesday, May 25, 2011

My grondslag 4

Wanneer ons eerlik is oor onsself, is ons bereid om ons geestelike privaatheid prys te gee, ons trots in ons sak te steek sodat ons oop en volkome deursigtig in Christus kan wees.  Geestelike trots is 'n ander vorm van geestelike hoogmoed.  Ons troetel nie verkeerde gevoelens teenoor ander nie, maar leef in verlossing nadat ons dit teenoor God bely en berou het. 

2 Tim 4:5 "Maar jy moet in elke situasie jou teenwoordigheid van gees behou.  Moenie bang wees om vir die Here te ly nie."

Monday, May 23, 2011

Toets vir my grondslag

Ons moet ons medemens toelaat om ons te toets aan die lig en ook bereid wees om vir hom dieselfde te doen.  Die grondslag hiervoor moet uit liefde geskied en die doel daarvan is sodat dit aan ons uitgewys kan word wat nie in die Lig hoort nie.  Ons moet onsself leer ken en ook toelaat dat ons deur ons medemens geken kan word soos ons werklik is met die eerlikheid as basis.

Mat 3:8 "Bewys eerder deur julle voorbeeldige lewe dat julle werklik tot inkeer gekom het." 

Thursday, May 19, 2011

My grondslag 3

Soms moet ons onself daaraan herinner dat niks te groot is vir God.  Ons doen ook partykeer onopsetlik sonde en eers nadat ons dit gedoen het, besef ons wat ons gedoen het.  Hy alleen gee vir ons die versekering dat wanneer ons dit bely en na die Fontein van Bloed neem waar dit gereinig word, dit skoon voor Sy aangesig en uit ons hart sal wees.  Dit was ons witter as sneeu en deur in die Lig te bly wandel het ons gemeenskap met God en medemens.

Psalm 37:5 "Vertrou jou lewe toe aan die Here.  Vertrou Hom, en Hy sal vir jou sorg."

Tuesday, May 17, 2011

Gebed

Here Jesus, vanoggoggend wil ons U loof en U naam besing.  Ek bid in besonder vir elke individu wat more sy kruisie gaan trek.  Ek bid dat U ook hul keuse sal seën en dat elkeen sal erken U is die Rots waarop ons staan.  Laat U genade, wat vir ons onvoorwaardelik beskikbaar is, neer reën op hul wat nie U naam ken nie.  Ek bid ook vir hulle wat aan die stuur staan van elke party.  Ek bid ook vir hulle wat vanoggend hartseer, depressief of seergemaak voel.  Laat U liefde deur hulle harte spoel en deurweek hul van U liefde.  Lei ons in U, ons Abba Vader, se geregtigheid en laat U wil geskied en nie ons wil nie.  Ek bid dit in die naam van Jesus Christus, ons Verlosser.  Amen.

My grondslag 2

Wanneer ons bewus leef in die Lig, moet ons alles wat Hy aan ons uitwys as sonde bely en afreken daarmee - ophou om dit te doen wat jy bely het en oop en skoon voor Hom te leef.  Deur dit te doen, word ons sonde aan ons openbaar, selfs dit wat jy nooit gedink het eers sonde is nie.  Moenie terugdeins na jou die ou gedragspatroon wat jy vir so lank beoefen het nie.  Volhard in jou nuwe patroon met God en moenie toelaat dat die duiwel jou oortuig om eerder weg te kruip vir jou sonde nie.

1 Johannes 1:7 "As ons optrede egter van die lig getuig, leef ons soos Hy wat in die lig is en het ons volledig deel aan mekaar, en die bloed van Jesus, Sy Seun, maak ons skoon van alle sonde."

Thursday, May 12, 2011

Jou grondslag

Om in ware gemeenskap met God en my medemens te wees vereis dat ek 'n openlike lewe met beide sal hê.  Om in die duisternis te wandel daar waar niemand ons sien, bring 'n skeidsmuur tussen ons en God asook ons medemens.  Ons moet dus onderskei tussen in die lig lewe en in die duisternis lewe.  Dit is twee teenoorgesteldes van mekaar wat skeidsmure bou tussen mens en God.  Dit is 'n gewilligheid van die mense om die hele waarheid oor homself te ken en oop te wees vir oortuiging.  Ons gees moet gewillig wees om in nederigheid te staan met die geringste aanduiding of aanmaning van ons gewete.

1 Johannes 1:7 "As ons optrede egter van die lig getuig, leef ons soos Hy wat in die lig is en het ons volledig deel aan mekaar, en die bloed van Jesus, Sy Seun, maak ons skoon van alle sonde."

Tuesday, May 10, 2011

Wanneer die eie ek weer uitspring

Ek kan sonde ook pleeg wanneer ek stilswyend voorgee.  Sonde maak ons vals, oneg, vol voorgee en verskonings.  Dit kan ook geskied in die vorm van selfbewustheid en terughoudenheid, aangeplakte hartlikheid, basies enigiets met "ek" in.  Wanneer dit gebeur moet ons onsself herinner dat alles aan die kaak gestel word wanneer die lig daarop val (Ef 5:13).  God is die lig van die skepping en by Hom is daar geen duisternis nie.  Hy sal elkeen aan in die lig stel.

1Johannes 1:5  "Dit is dan die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle meedeel:  God dis lig en daar is hoegenaamd geen duisternis in Hom nie."

Ware gemeenskap

In hierdie wêreld kan ons leef in die lig of in die donker.  Die lig van hierdie wêreld verwys na God en dat Hy alles kan sien wat ons doen.  Duisternis verwys na die feit dat iets nie gesien kan word nie en na satan.  Wanneer ons terreggewys word deur die Heilige Gees word dit lig vir jou daarop gewerp.  Soms doen/sê ons dinge en steek dit weg.  Die eerste reaksie is om te probeer om dit self weg te steek.  Wanneer jy bewus raak daarvan, lees die volgende:

1 Johannes 1:7 "Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde."

Friday, May 6, 2011

Grace

And you know,
when you've experienced
grace and you feel
like you've been forgiven,
you're a lot more forgiving
of other people.
You're a lot more
gracious to others.

By Rick Warren

Thursday, May 5, 2011

Gemeenskap met God

Jesus Christus wat aan die kruis vir ons sondes kom sterf het, het weer die gemeenskap tussen God en mens en gemeenskap tussen mens tot mens herstel.  Die twee is onlosmaaklik aan mekaar verbind.  Wanneer ons in lewende gemeenskap met mekaar verkeer, bevestig dit die gemeenskap wat daar tussen jou en God bestaan. 

Johannes 4:14 "Wie egter van die water drink wat Ek hom gee, sal nimmer as te nooit weer dors word.  Die water wat Ek vir hom sal gee, sal 'n fontein in hom word waarvan die water vir altyd sal bly opborrel."

So moet ons water opborrel na ons mede mens en daardie fontein sal nooit opdroog nie, want Hy is die oorsprong van die Fontein. 

Wednesday, May 4, 2011

Om honger te word

Toe die mens gekies het om homself eerder as God die middelpunt van sy lewe te maak, het die mense se gemeenskap met God asook sy medemens verlore gegaan.  Die gevolg hiervan, is dat ons elkeen ons eie pad loop (Jes 53:6).  Wanneer ek my eie pad lood, i.p.v. God se wil doen, kies ek noodwendig my eie weg bo die van ander.  Die gevolg hiervan is dat onsself in 'n wêreld van spanning, agterdog, misverstande en stryd bevind. 

Jes 53:6 "Almal van ons het weggedwaal soos 'n klomp skape.  Ons het God se paaie verlaat om ons eie te volg.  En toe het die Here ons almal se skuld en sondes op hom laat neerkom."

Tuesday, May 3, 2011

'n Helende hart

Ons hart moet 'n honger hê om in herstelde gemeenskap met God te wees.  Wanneer dit gebeur, is ons nie net bereid om na God te roep nie maar kan ons ook die reinigende bloed van Jesus oor ons lewe laat vloei daar waar dit nodig is.  Dit sal ons lei na gehoorsaamheid en gebrokenheid wat die eerste stap is na herlewing.

Heilige Gees, ek bid dat U vir my sal uitwys waar daar sonde in my lewe teenwoordig is.  Maak my gees gewillig om gehoorsaam aan U te wees sodat ek in gebrokenheid voor U kan staan en myself aan U oor te gee.  Reinig my van dit wat onrein in my lewe is en laat my nie treur oor my sonde nie.  Laat ek opkyk in oorwinning na Jesus Christus en God loof omdat Hy steeds oorwin.  Amen.