Tuesday, June 28, 2011

Wandel op die Grootpad

Tydens ons wandel op die Grootpad, reis ons nie alleen nie.  Daar is ander mede gelowiges asook Jesus.  Die padreëls van die Grootpad is dat gemeenskap met mede gelowiges net so belangrik is as gemeenskap met Jesus. Hierdie twee onderskeie verhoudings is baie naby aan mekaar verweef en die geringste wat enigiets tussen ons en ons medegelowiges kom, word ons verhouding met Jesus ook versteur, soos byvoorbeeld jaloesie, ongeduld of griewe. 

Titus 3:14 "Ons mense moet leer om nie onproduktief te leef nie.  Hulle moet uitmunt in goeie dade om in ander se behoeftes te voorsien." 

Monday, June 27, 2011

Loop my beker oor?

Die ware toets of ek nog steeds op die Grootpad is, is loop my beker oor?  Het ek die vrede van God in my hart, het ek liefde vir ander en is en nog besorg oor ander?  Indien jou antwoord nee is, het sonde (selfbejammering, eie eer,  iewers ingesluip selfverdediging in daad of gedagte, liggeraaktheid, om in ons eie krag te worstel en te stry , selfbewustheid, skaamheid, terughoudenheid, jaloesie, bekommernis, vrees, ens.) weer ingesluip.  Leef elke dag bewustelik van wat jy doen.

Fil 1:27 " Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees.  As ek dan kom, sal ek self sien, of as ek nie kan kom nie, sal ek deur berigte hoor dat hulle volkome eensgesindheid, standvastig en saamtry vir die geloof in die evangelie."

Friday, June 24, 2011

Love and respect in the family set-up

As parent, how can I respect and honour my children?
Expressing words like "sorry", please" and "thank you".  They will learn from us, set the correct example;
By listening genuinely to them when they are speaking and paying attention to what they are saying - your full attention;
Building them up by acknowledging their contributions and presence;
Spening quality time with them to build good characher - don't neglect them;
Balance your manner of communication - both have the right to participate in the multi-person unit and refrain from one way instruction situations especially with teens.


As a child, how can I honour my parents/those with authority?
Recognize their authority and their right to make rules.  I need to follow these rule because they are intended for my own good;
Talking to and of my parents in a respectful manner, spending time with them, and by having open communicating channels;
Ask their opinion.

Thursday, June 23, 2011

Hoe gaan ek terug op die pad wanneer ek afdwaal?

Wanneer ons kwaad word, gevoel van jaloesie, haat, die "eie ek" wat terugkeer ens. toelaat in ons lewe al is ons op die Grootpad, dwaal ons af want niks wat onrein is kan op die Pad wees nie.  Hierdie pad is heilig.  As ons nie terugkeer nie, sal ons teen die helling afgly in die moeras in.  Wanneer dit gebeur, gaan terug na God en vra hom on vir jou te wys wat daardie gevoel veroorsaak het.  Maak vrede met die feit dat dit dalk 'n tydjie mag neem om tot insig te kom.  God wil vir ons wys dat dit nie die ander persoon wat jou dalk kwaad gemaak het se optrede was nie, maar die wyse is waarop jy gereageer het.

Spr 24:12 "Moenie jou verontskuldig en sê:  "Ons het nie geweet nie".  Hy wat die gedagtes toets, weet mos wat waarheid is.  Hy wat Sy hand oor jou hou, weet wat waar is.  God roep elkeen tot verantwoording vir wat hy gedoen het."

Tuesday, June 21, 2011

Af van die grootpad af

Die "grootpad" is 'n baie nou pad met die gevolg dat ons soms die pad byster raak.  Dit is die gevolg van ongehoorsaamheid of die feit dat die "eie ek" weer besig is om te groei binne in ons in stede van daarvan om te lewe in afhanklikheid van God.  Satan is altyd in die moeras en wag net vir die oomblik dat ons aan die moeras raak.  Deur 'n wilsbesluit kies om nie toe te gee aan satan se aanloklike aanbiedinge.

Rom 2:9 " Daar wag swaarkry en benoudheid vir elke mens wat anhou kwaad doen."

Monday, June 20, 2011

Kruik met die Lewende water

Wanneer ons op die Groot pad reis, dra Jesus die kruik met die kosbare water van die lewe.  Hy stap tot voor ons en vra ons om ons harte oop te maak.  Nou moet ons ons leë hart aan Hom oorhandig en Hy doen 'n deeglike geestelike ondersoek.  Hy sien ons pyn, Hy sien ook waar ons Sy bloed toegelaat het om in ons lewe te vloei en ons hart daardeur gereinig was.  Dan spoel hy die Water van die lewe deur ons hart en beleef herlewing - vol van die Heilige Gees - gevoed met Sy liefde wat ons moet uitleef en besorg moet word oor ander se redding.

Psalm 37:4 " Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee."

Friday, June 17, 2011

Die troos

Jesus se kosbare bloed is besprinkel aan die deur van elke gebroke hart.  Elke keer wanneer ons buk om deur die deur te gaan, reining Sy bloed ons opnuut.  As ons gebreek word in al ons sondes en alles oorgee aan Hom wat reeds vir die op die kruis gesterwe het, kan ons vry lewe in die wete wat Hy reeds gesê het aan die kruis:  "dit is volbring".  Sy pad is altyd in Lig gebaai en alhoewel die moeras waters dreig om op te stoot teen die Pad, maak dit nie deel uit van die Pad nie en hoef ons nie bekommerd te wees dat dit oor die pad sal vloei nie.


Romeine 3:23 "Ons het immers almal gesondig.  Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom.  Maar nou spreek God ons in Sy onverdiende goedheid vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het - en dit sonder enige verdienste van ons kant."

Tuesday, June 14, 2011

Die keuse

Op ons pad vorentoe, word ons voortdurend gebreek om geestelik te groei.  Dis soos 'n boom wat gesnoei word, daar is net een groot stam wat die ander kleiner takke voorsien van voeding.  Ons sal ook gedurig aan keuses blootgestel word waar ons sal moet kies.  Waar iemand ons leed aandoen, sal ons die keuse moet maak om verontregting as 'n genademiddel tot dieper verootmoediging te aanvaar of ons daarteen gaan verset met die gevolge van 'n versteurde gemoed.  God toets ons juis deur ander mense.

Jer 6:16 "Die Here sê:  Staan by die paaie en kyk.  Vra na die ou paaie.  Vra na die beste pad en volg dit."

Sunday, June 12, 2011

Gebed om gebrokenheid

Om gebroke te wees voor God, wil ons Sy wil en nie ons eie wil laat geskied nie.  Hy gee vir ons innerlike krag deur Sy Heilige Gees wat in ons woon, sodat ons harte deur Sy liefde en gebrokenheid wat in ons plek gesterf het, geweek kan word.  Daardeur sê ons dat ons 'n diep innige verlange het om 'n intieme verhouding met Hom te hê en in stand te hou.  Om ons verhouding met Hom in stand te hou, is baie belangrik.  Ons moet nie as vanselfsprekend aanvaar dat ons Sy Heilige Gees ontvang het en ons nou agteroor kan sit nie.  Nee, dis 'n aktiewe deelname met die Heilige Gees wat veroorsaak dat ons geestelik groei.

Indien jy nog nie die Heilige Gees ingenooi het om binne-in jou te kom woon nie, of miskien wil jy jou opnuut weer wil verbind tot God, bid die volgende: 
Vader, ek het 'n brandende begeerte in my hart om U innige te ken.  Help my asseblief dat ek sal minder word en U meer sal word binne-in my.  Kom breek my eie wil en laat Christus in my leef.  Ek wil my hart uitgiet voor U en die eienaarskap van my hart aan U oorhandig.  Lei my om in 'n aktiewe verhouding met U te staan, van nou tot in alle ewigheid.  Amen. 

Friday, June 10, 2011

Maak seker jou koppigheid weerhou jou nie om te buk en deur te kruip nie

Die oorsprong van hardkoppigheid is in die tuin van Eden saam met Adam en Eva.  Soms is ons hard en onbuigsaam; oorgevoelig, liggeraak, naywerig, ons probeer met ons eie krag dinge doen, is krities en vergewe maar vergeet nie.  Dit bekruip jou soos 'n dief in die nag.  Ons gee toe aan ons eie selfsugtige begeertes en daardie trots binne in ons staan stadig maar seker weer op sonder dat ons bewus is daarvan.  Maak seker dat jy hierdie patroon afbreek en eerder nederig word in God se oë.  Om gebroke te staan voor Hom is om geen regte as mens te hê nie.

Luk 11:8 "Tog sê Ek vir julle, al sou hy dit nie as vriend doen nie, as jy net lank genoeg aanhou klop, sal hy opstaan en vir jou gee wat jy vra sodat sy naam nie skade moet ly nie."

Thursday, June 9, 2011

Die lae deur aan die voet van die kruis

Op die kruin van die steil heuwel is daar 'n kruis, die kruis van Golgota.  Dit bewaak die weg na die pad na Christus.  Aan die voet van die kruis is daar 'n verskriklike lae deur waardeur ons moet ingaan.  Ons moet buk en deurkruip om op Christus se pad te kom en daar is geen ander manier hoe ons andersins op Sy pad sal kom nie.  Dit word genoem die deur van gebrokenheid.  Slegs wanneer ons so gebroke is dat daardie "eie ek" gebreek word, buk en kruip ons deur daardie lae deur. 

Johannes 3:5-6 "Jesus het geantwoord:  Ek verseker jou, as iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy so nimmer as te nooit in die koninkryk van God ingaan.  Wat uit 'n menslike liggaam gebore is, is menslik en wat uit die Gees gebore is, is gees."

Tuesday, June 7, 2011

Hoe om op die pad te kom

As mense is ons sondaars en bevind ons onself in die moeras.  Die enigeste manier om op die pad uit te kom is deur die steil heuwel van  belydenis van sonde en reiniging daarvan te klim.  Ons bestyg hierdie opdraande heuwel op ons knieë.  Die mens moet brand met 'n vurige verlange om op hierdie pad te kom.  Op hierdie pad van verlange moet jy nie haastig wees nie want God wil jou met 'n intense begeerte vul, wees geduldig maar behou jou vurige verlange.

Jer 29:13"Julle sal vra na My wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra."

Monday, June 6, 2011

Hoe lyk die pad van die oorwinningslewe?

Dit is 'n eenvoudig en gewyde pad, ons wil dit te ingewikkeld maak.  Stel jouself voor jy is op 'n pad (Jesus)wat omring is deur moeras (wêreld).  Ons almal weet dat dit opdraandes en afdraandes het.  Wanneer daar 'n opdraande is, is dit wel moeiliker om dit op te klim maar dis nie onmoontlik nie.  Daar is baie gevare om in die moeras in te beweeg, maar ons sal veilig bly indien ons seker maak ons bly op die pad. 

Jes 35:8-9 "Daar sal 'n groot pad deur die woestyn loop en dit sal bekend staan as die gewyde pad."

Friday, June 3, 2011

Never Fear

Maybe you are in the process of reorganization in many areas of your life. Do not resist this course of change, for in the not-to-distant future you will be able to look back at this time and know that these alterations were absolutely necessary to your well-being both in the natural realm and in the spiritual realm as well.

Never fear, because I will lead you every step of the way as you yield to My direction, says the Lord.

Isaiah 58:11 The LORD will guide you continually, and satisfy your soul in drought, and strengthen your bones; you shall be like a watered garden, and like a spring of water, whose waters do not fail.

Thursday, June 2, 2011

Onderhou jou span

Maak seker dat julle eensgesind bly in jul voorbidding, reik uit na jou kinders, familie en vriende met getuienis van Jesus.  Dis 'n kragtige wyse om ander op hierdie kragtige wyse aan te raak sodat Jesus hulle ook kan red en seën met 'n intieme gemeenskap met mekaar en Hom.  Jy sal ook die wonderlike werking hiervan begin waarneem en hou jou oë oop, dan kan jy ook die wonderlike werking in jou eie lewe raaksien.  Soos wat dominos geraak work en omval, raak jy ander mense aan.  Die verskil is net, hulle val nie, hulle staan op!

Hand 1:8 "Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel."