Friday, September 30, 2011

Jy mag maar soms broos wees en behoefte daaraan hê dat ander jou ook
bederf. Dis regtig net menslik om sulke stadiums te bereik;
Jy mag daarop aandring dat ander jou help en soms ook vir jou iets doen. Jy
verdien dit;
Jy mag sulke tye, meer as ooit, jou fyn hart voor jou Vader uitstort. Hy
verstaan hoe dit voel om onophoudelik te gee en Hy ken ondankbaarheid;
Jy mag ook maar jouself bederf. Ja, wees soms goed vir jouself en geniet
(sonder skuldgevoelens!) iets wat jou lekker laat voel;
Hier is 'n dankie om te bêre vir daardie ondankbaar-voel-dae wanneer jy
onvergenoeg wonder oor jou bydrae. Dankie vir wat jy doen, gee
en is!
Jou waarde is ver bo korale!

Thursday, September 22, 2011

Hoe hanteer ek nederigheid?

Waar nederigheid 'n onwelkome plekkie gehad het, word daar 'n ruim plek geskep daarvoor in jou hart.  Dit word die wederhelf van die siel en hulle verbind hulself aan mekaar.  Waar donderte en onrus op die horison verskyn, word jy bewus dat daar iewers onwilligheid van jou kant was om met nederigheid op die pad na voortdurende gebrokenheid te wandel.  Wat die verskil maak is dat jy altyd bereid is om nederigheid terug te verwelkom en jy soek haar aangesig met berou.

Romeine 12:16 "Konsentreer op dit wat onderlinge eensgesindheid bevorder.  Moenie belangrik wees nie, maar vind julle geluk by die nederiges."

Friday, September 16, 2011

Three things in life that, once gone,
Never come back
1 Time
2 Words
3 Opportunity

Three things in life that can destroy a person
1 Anger
2 Pride
3 Unforgiveness

Three things in life that you should never lose
1 Hope
2 Peace
3 Honesty

Three things in life that are most valuable
1 Love
2 Family and friends
3 Kindness

Thursday, September 15, 2011

Kenmerke van 'n slaaf

  1. Gewilligheid om die een na die ander ding te doen, sonder dat sy behoetes enigsins in aggeneem word;
  2. Gewilligheid om die een na die ander ding te doen, sonder om daarvoor bedank te word;
  3. Wanneer die bogenoemde twee geskied het, mag jy nie enigiemand van selfsug beskuldig nie.  Jy is daar om die belange van jou  Meester te doen;
  4. Daar is geen plek vir hoogmoed of om jouself geluk te wens nie, m.a.w. bely dat onsself van geen werklike nut vir God of mens is sonder Sy genade;
  5. Argumente vir selfgenot en selfgerief is oorbodig en moet vernietig word. God het die mens gemaak om diensbaar vir Hom te wees.
Die mens het niks verdienstelik gedoen toe hy ingestem het om Sy posisie in God te aanvaar nie, want God het juis die mens gesken en met herleweing die doel voor oë gehad om te herskep.

Lukas 17:7-10 "As een van julle 'n slaaf het wat besig is om te ploeg of om diere te versorg, sal hy aan hom, wanner hy van die land af kom sê:  maak iets gaar vir aandete.  Bind jou klere van en bedoen my terwyl ek eet en drink.  Eers daarna gaan jy self eet en drink.  'n Slaaf wat sy odragte uitgevoer het, ontvang mos nie dank nie.  Net so is dit ook die geval met julle:  As julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, sê dan:  Ons is net nikswerd slawe.  Ons het bloot uitgevoer wat ons moes doen."

Tuesday, September 13, 2011

Die posisie van nederigheid in Jesus word gemeet aan ons houding wat ons teenoor ons medemens inneem.  Onwilligheid om jou medemens te dien mag vir baie vernederend voel.  Jesus beskou dit as 'n onwilligheid om Hom te dien en verander onsself die posisie van gemeenskap in Hom.  Daardeur kies ons om onder Sy beskerming uit te beweeg.

2 Kor. 5:15 "Hy het vir almal gesterf sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet leef nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is."

Monday, September 12, 2011

Die voorbeeld van Jesus

Jesus was self 'n verbondslaaf, een wat gewillig was om een te wees.  Hy was sonder regte, gewillig om behandel te word soos iemand anders (Sy Vader) wou gehad het en die kwaadwilligheid van die mens teen Hom te verduur.  Eers wanneer ons mooi hieroor sit en dink, besef ons hoe laag ons eie posisie in Hom dan moet wees.  Ons diensknegverhouding met Hom kom tot uitdrukking in ons verhouding met ons medemens.  Allermins verkonding ons nie onsself nie, maar vir Jesus.

Fil. 2:6-7 "Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godsgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word."

Friday, September 9, 2011

Verbondslawe

Ons posisie word duideliker wanneer ons verstaan dat ons verbondslawe moet wees van Een wat self gewillig was om 'n verbondslaaf te wees.  Sy verstommende nederigheid was duidelik geillustreer in Sy bereidwilligheid om God se slaaf te wees:  sonder regte, gewillig om behandel te word volgens die wil van Sy Vader en die kwaadwilligheid van mense.  Ons moet diensknegte wees vir Jesus wat mense kan dien en na God terugbring.  Eers wanneer ons besef hoe laat ons werklike posisie in Jesus moet wees om Hom te kan dien verstaan ons die betekenis om onder Sy heerskappy te staan.

Fil. 2:6-7 "Hy wat in die gestalte van God was, het Sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word."

Verskillende posisie

Eers wanneer ons verstaan dat 'n ware dienskneg posisie verootmoediging en selfverloëning behels, word dit duidelik dat net die wat bereid is om definitief onder die skadu van Jesus te lewe en gedurig die proses van nederigheid en gebrokenheid in Jesus te ondergaan.  Hulle is bereid om konstant eie-wil, onafhanklikheid en hul sondige natuur neer te lê sodat hulle hul posisie in Jesus kan opneem.  In die praktiese toepassing in ons lewe van nederigheid, is daar drie lae waarin dit plaasvind: 
  1. Huurling:  gehuurde diensknegte wat 'n loon betaal word en het sekere regte;
  2. Slawe:  ontvang geen regte of loon;
  3. Verbondskengte:  geen regte of aanspraak op herstel van regte het nie.  Iemand wat absolute eiendom van die Meester is wat met ons kan maak wat Hy wil.
Spr. 2:11-12 "Oordeelkundigheid sal jou vergesel, verstandigheid sal na jou omsien.  Dit sal jou weerhou van 'n verkeerde lewenswyse.  Dit sal jou weghoud van mense wat besig is met verkeerde dinge."

Tuesday, September 6, 2011

Posisie van nederigheid

Jesus verwag van elkeen van ons om 'n nederige posisie in te neem om Sy diensknegte te wees.  Dis nie 'n ekstra verpligting of iets wat jy moet doen wanneer jy so voel of 'n keuse om dit te mag nakom of nie mag nakom nie.  Dit is die hart of kern waaroor jou nuwe verhouding met God as dissipel moet gaan.  Deur hierdie nederige posisie as dienskneg van Jesus in te neem, het jy nie net gemeenskap met God nie maar met jou medemens ook.  Indien jy dit nie het nie, beinvloed dit beide van hierdie verhoudinge negatief.  Deur hierdie nederige houding, vind heiligmaking deur Jesus Christus plaas in jou lewe en bevorder geestelike groei in jou verhouding met die Heilige Gees.

1 Kor 2:13 "As ons hierdie dinge aan julle vertel, gebruik ons nie woorde wat hulle oorsprong het in mensllike slimmigheid nie, maar wat hulle oorsprong het by die Gees.  Ons gebruik woorde wat van die Gees kom om geestelike waarhede te verduidelik."

Friday, September 2, 2011

Sometimes we wonder,
'What did I do to deserve this?' or
'Why did God have to do this to me
?'
Here is a wonderful explanation!
A daughter is telling her Mother how
everything
is going wrong
, she's failing algebra, her boyfriend
broke up with her and her best friend is moving away.
Meanwhile, her Mother is baking a cake and
asks her daughter if she would like a snack, and the
daughter says, 'Absolutely Mom, I love your cake.'
'Here, have some cooking oil,' her Mother offers.
'Yuck' says her daughter..
'How about a couple raw eggs?' 'Gross, Mom!'
'Would you like some flour then?
Or maybe baking soda?'
'Mom, those are all yucky!'
To which the mother replies:
'Yes, all those things seem bad all by themselves.
But when they are put together in the
right way, they make a wonderfully delicious cake! '
God works the same way. Many times we wonder why
He would let us go through such bad and difficult
times. But God knows that when He puts these things
all in His order, they always work for good! We just
have to trust Him and, eventually, they will all
make something wonderful !
God is crazy about you.
He sends you flowers every spring and
a sunrise every morning.
Whenever you want to talk, He'll listen.
He can live anywhere in the universe,
and He chose your heart. 

Life may not be the party we hoped for,
but while we are here we might as well dance!