Thursday, March 31, 2011

Hoekom moet afsterwing van die "eie ek" geskied?

Wanneer ons nie bereid is om aan die "eie ek" (trots) te sterf nie gaan 'n mens verbitterd en ongelukkig deur die lewe.  Ons is ongelukkig en soms weet ons nie eintlik hoekom nie.  As ons dit nie laat afsterf nie, dan kan die Heilige Gees nie meer word binne in ons nie.  Eers dan begin ons hart sy beker uitsteek vir Jesus om uit Sy Kruik te skink en dit tot oorlopens toe te vul.  Hoe meer die "eie ek" afsterf hoe meer sal ons ware vrede en vreugde beleef.

Kolossense 1:19-20 "God het dit goedgedink om met Sy volle Goddelikheid in die Seun te woon, en om deur die Seun goeie verhouding met alles in die hemel en op die aarde te herstel.  Hierdie vrede is bewerk deur die bloed wat aan die kruis gevloei het".

Tuesday, March 29, 2011

Die Kruik

Die mens se hart word uitgebeeld in die metafoor van 'n beker.  Jesus word uitgebeeld in die metafoor van 'n goue kruik.  Diep binne die mens se hart, moet daar 'n behoefte ontstaan om sy beker uit te steek na die Goue Kruik sodat Hy ons beker kan vul met die water van die Lewe wat uit Hom vloei.  Hy is die oorsprong van die strome lewende water wat deur ons vloei en ons deurdrenk daarin.  Hy is alomteenwoordig altyd, of dit goed of sleg gaan met ons.  Terwyl Hy verby ons beker beweeg, vul Hy ons beker tot oorlopens toe vanuit Sy Goue Kruik met Sy seën.  Het jy al vandag jou beker uitgesteek sodat Hy dit kan vul?

Spreuke 24:14 "Net so is wysheid vir jou lewe.  As jy daarop afgekom het, is daar vir jou 'n toekoms.  Jou hoop sal nie verydel word nie."
Spr 24:16 "Selfs al val 'n regverdige mens sewe keer, hy sal elke keer weer opstaan.  Die goddelose mens sal bly lê na net een ramp."

Monday, March 28, 2011

Die beker van genade

Ons  moet totaal en al, van kroontjie tot toointjie deurdrenk wees deur die Heilige Gees.  Dis eksklusief en uitsluitlik die werk van God om genade aan ons te skenk.  Al wat ons moet doen is om 'n begeerte in ons hart te hê om die beker van ons hart aan te bied sodat Hy hierdie beker kan vul.  Hy vul dit met die water van die Lewe, sodoende ontvang ons krag van Bo om alle dinge wat moontlik oor ons pad mag kom, met volharding en gehoorsaamheid in Sy naam te kan oorkom.

2 Tessalonisense 3:3 en 3:5 "Maar die Here is getrou!  Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar".
"Mag die Here julle hele lewe instel op God se liefde en die volharding wat Christus aan ons gee".

Friday, March 25, 2011

Quotes

And you know when you've experienced grace and you feel like you've been forgiven,
You're a lot more forgiving of other people.  You're a lot more gracious to others - Rick Warren.

Simplicity is making the journey of this life with just baggage enough - unknown author.

Be content with what you have, rejoice in the way things are.  When you realise there is nothing lacking, the whole world belongs to you - Lao Tzu

Enjoy your weekend and may you be blessed by His grace.

Thursday, March 24, 2011

Hoe bly ek leef in oorwinning?

Daar is net een lewe wat Hom tevrede kan stel en dit is wanneer Sy lewe meer is binne in ons en dat die "eie ek" binne in my minder word.  Die crux lê in die voortdurende afsterwe aan die self en die Heilige Gees wat al meer word binne in ons en basies deur ons vloei na ander mense.  Ons kan slegs met Sy lewe gevul word wanneer ons die keuse maak om bewustelik en voortdurend die regte sedelike keuses te maak. 

Wat is jou keuse?

Galasiërs 6:2 "Help ander gelowiges wat swaarkry en gee so uitvoering aan Christus se liefdeswet."

Wednesday, March 23, 2011

Oorwinnende lewe

Die oorwinnende lewe word verkry deur herlewing en dit is om geheel en al met die Heilige Gees vervul te wees.  Deur genades ontvang ons die geskenk van Heilige Gees wat Hy oorvloediglik aan ons gee.  Dit is uitsluitlik die werk van God, nie ons sin nie. 

Wat ons wel moet doen is om ons leë, gebroke self tot Sy beskikking te stel sodat Hy ons kan vul en voortdurend toelaat dat Hy ons aanhou vul.  Soos water die laagste plek soek om dit te vul, so vloei God se heerlikheid en krag deur ons wanneer ons leeg en vernederd gevind word.  Hy's daar, roep Hom net aan, Hy wag vir jou.  Wat ons wel weet is dat Hy ons leë, gebrokenheid reeds saam met Hom aan die kruis gedra het en dat Hy vir ons rus en vrede belowe.  Is ons bereid om deur te gaan wat Hy meegemaak het?

Markus 15:16-20 "Die soldate het Jesus toe na hulle hoofkwartier gebring.  Toe roep hulle die hele regiment bymekaar en trek vir Hom 'n pers mantel aan.  Hulle vleg toe ook 'n kroon van dorings en sit dit op sy kop.  Daarop begin hulle Hom salueer met die woord:  Ons groet u, o Koning van die Jode!  Hulle slaan Hom toe met 'n riet teen sy kop, spoeg op Hom en maak kniebuigings asof hulle eer aan Hom wil betoon.  Toe hulle moeg geword het om die spot met Hom te dryf, het hulle die pers mantel uitgetrek en Hom weer sy eie klere aangetrek.  Toe vat hulle Hom weg om Hom te gaan kruisig".


Tuesday, March 22, 2011

Ons rol as 'n gewillige wurm

As Jesus gewillig was om vir ons 'n "wurm" te wees waarna verwys is op Donderdag 17/3/2011, het Hy nie juis vir ons 'n voorbeeld hierin gestel om ons regmatige plek as wurms vir Hom uit te beeld nie?

Jesus se Bergrede handel juis oor nieverset, liefde vir die vyand en onselfsugtige diens.  Wanneer ons sterf aan die self, neem ons aanvanklik aan dat die "eie ek" gebreek is en verby is.  Dit is egter 'n voortdurende proses daarna in die sterf van "die self".  Die afsterwe in "die self" is Sy manier om 'n diep kanaal van stromende waters van Jesus deur ons te laat vloei.  In praktiese toepassing word verwys na elke vernedering wat ons mag beleef, geduld wat beproef word deur iets of iemand, daardie oomblik wat iemand vir jou iets sê wat jy nou nie eintlik wou hoor nie en so gaan die lys aan .......

Matteus 16:25 "As julle probeer om julle lewe vir julleself te bewaar, sal julle dit verloor.  Maar as julle julle lewe ter wille van My prysgee, sal julle ware lewe vind."

Friday, March 18, 2011

    A Mirror in God's Hand
    by Paula J. Fox 

    I want to be a mirror, Lord . . . A reflection of Your grace
               To shine Your light for all to see
                    In every darkened place

      I want to be transfigured Lord, so the image others see
                Will be closer to Your likeness
                 And the light You've given me

    I have no light source of my own . . . but when I look at You
                  The radiance of Your glory
                  Shines in all I say and do

  I could stand to use some polish . . . I've been cracked and broken too
                  But it's not myself that matters
                 It's the light that comes from You

     Though I have some imperfections, I'm still useful in Your sight
                    And in Your hand I know
                 That You will angle me just right

      So that when Your face shines on me, it reflects on others too
                And as it does, please use me, Lord
                    To LIGHT my world for You.

Thursday, March 17, 2011

Die wurm

In die tropiese lande, sal mense vir jou vertel dat daar 'n groot verskil tussen 'n slang en 'n wurm is.  Die verskil lê in die slaan.  Wanneer jy na 'n slang slaan, staan hy regop, sy lyf lig regop, hy sis en probeer terugkap.  In teenstelling daarmee, as jy na 'n wurm slaan doen hy die teenoorgestelde, absoluut niks - geen weerstand nie.  Jy kan met die wurm maak soos jy wil, of jy hom skop of slaan, jy kan maak met hom wat jy wil - 'n teken van gebrokenheid.

Dis die beeld van die slang dui op die "eie ek" en die beeld van die wurm dui op Jesus wat deur ons leef,, die gewillge om ten spyte van ons omstandighede nog steeds voor te gaan.  Jesus was vir ons 'n wurm sodat ons sondes vergewe kan word voor God.  Hy het dit gedoen, omdat Hy geweet het ons het soos 'n wurm ons regte deur ons sonde verbeur en dat ons die hel verdien.  Sy genade is egter groter as wat ons ooit kan dink.  Hy verwag van ons om ook ons regmatige plek in te neem saam met Hom.

Psalm 22:32 "Sy regverdige dade sal aan hulle vertel word.  Die wat nog ongebore is, sal van Sy dade hoor."

Tuesday, March 15, 2011

Wanneer behoort gebrokenheid te plaas te vind?

Dis 'n daaglikse proses en is voortdurend.  Dis 'n nederige reaksie op die oortuigingswerk van God.  Wanneer ons toelaat dat hierdie innerlike oortuiging voortduur, sterf ons verder af in die "eie ek".  Al wat ons hoef te doen is om by die voet van Jesus se kruis "gebreek" te word.  So was Jesus ook gewillig en bereidwillig om Homself vir Sy Vader te breek - Sy Vader se wil, en nie Sy wil nie.  Hy het nie vasgeklou aan Sy gelykheid met God nie, maar eerder om diensbaar te wees vir die Wil van God - om ons te red.  Dit bring ons by die vraag uit:  is ek diensbaar vir my eie wil, of is ek diensbaar vir Jesus? Hierdeur kan ons daagliks afsterf in die "eie ek".

Psalm 22:7  "Maar ek is net 'n wurm geen mens nie; ek word bespot deur die mensdom, verag deur almal om My."

Lees more verder oor die betekenis van die wurm.

Monday, March 14, 2011

Hoe werk gewilligheid?

Jesus kan nie ten volle leef in ons alvorens ek nie in die "eie ek" binne in my afgesterf het nie.  Die self is liggeraak, jaloers, gegrief, krities , bekommerd, onbuigsaam, skaam, selfbewus, terughoudend ens. Wanneer ek nog nie in die "eie ek" gesterf het nie, kan God nie veel vir ons doen nie.  Hy wil my seën met die vrug van die Gees in Gal 5.  Dit vra samewerking in my en in God, en Hy is altyd gewillig.  Hy doen die oortuigingswerk en ek maak die keuse.

Gal 5:22 "Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg:  liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing.  Teen sulke dinge is daar nie 'n wet nie".

Bid hierdie gebed sodat jy die seën van God ontvang wat Hy belowe het.  Die belangrikste faktor is jou gewilligheid.

Heilige Gees, ek bid en pleit in die Naam van die Jesus my Verlosser en Saligmaker dat U my sal help om aan die "eie ek" af te sterf en dat my gees gewillig sal wees vir die gemeenskap met God sodat ek ook Sy seën ontvang wat Hy vir my beloof in Sy Woord.  Ek dank U dat U reeds dit opgeteken het in die boekrol van die lewe.  Ek bid dit in Jesus se naam wat gesterf het vir my sondes en beseël dit met Sy Heilige Bloed wat vir my gevloei het.  Amen.

Friday, March 11, 2011

Jesus se antwoord aan Nikodemus

Hy wil elke liewe siel op aarde red.  Hy het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar gekom om dit te red.  Elke liewe siel is vir Hom kosbaar.  Soos ons as 'n baba uit die buik van ons moeders gebore is, "klein" gewees het en "groot" geword het, so sal aan elkeen wat dit soek deur die Heilige Gees gebore word en ons geestelike oog sal Hy alleenlik ontwaak.  Die Heilige Gees sal ons nuut maak van binne af en die "ou jy" sal afsterf.  Dit is 'n "innerlike geboorte" proses met/in Jesus.

Johannes 3:5-7  "Jesus het geantwoord:  dit verseker Ek jou:  As iemand nie uit die water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koningryk van God kom nie.  Wat uit die mens gebore is, is mens;  en wat uit die Gees gebore is, is Gees.  Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het:  Julle moet opnuut gebore word nie.
:18 "Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie, wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie."

Wednesday, March 9, 2011

Wat is herlewing of wedergeboorte

Dit is wanneer God die Heilige Gees opdrag gee om jou geestelike oog oop te maak.  Die oomblik wat jy die Heilige Gees aanneem en glo dat Jesus vir jou sonde (dit wat jy reeds gedoen het en wat jy nog gaan doen) gesterf het en met sy kosbare bloed daarvoor betaal het, geskied die voorbereiding van jou kant af sodat die Gees van God permanent in jou kan woon en jou geestelike oog laat oopgaan.  Die toekomstige sonde waarna ek verwys, is nie sonde wat ons willens en wetens doen en ons verwag net God moet dit oorsien nie.  Nee, vanaf daardie oomblik dat jy die Heilige Gees aanvaar het, moet jy bewustelik lewe om nie sonde te doen nie.  Dit sal ook nie wees asof jy sondevry gaan wees nie, nee, ons bly in 'n sondige wêreld maar ons moet daagliks pleit in gebed en vra dat Jesus ons sal vergewe vir sondes wat ons moontlik gedoen het en waarvan ons nie bewus is nie.  Lees wat vra Nikodemus vir Jesus omdat hy as mens nie verstaan en te klein is om te begryp wat Jesus bedoel het.

Johannes 3:4 "Nikodemus vra toe:  Hoe kan 'n mens gebore word as hy al 'n bejaarde is?  Hy kan tog nie vir 'n tweede keer in sy ma se skoot gaan en gebore word nie?"

Lees more verder oor wat Jesus se antwoord was.

Tuesday, March 8, 2011

Gewillige gees

Om die Gees van God te ontvang, is daar sekere struikelblokke wat tussen ons en God staan wat eers verwyder moet word.  Eerstens moet jy 'n brandende begeerte in jou hart het om 'n verhouding met Jesus te hê.  Tweedens moet ons 'n gewillige gees hê en nederig voor God staan. 

Hoekom? 
Dit bepaal tot wattere mate jy deur God geseën sal word en God vloei deur mense wat na Sy wil vra. Soms waardeer ons nie die klein dingetjies wat ons reeds mee geseën is nie en is ons so geneig om bo-oor dit te kyk, bv. ons gesondheid, ons kinders, met elke sonsopkoms het God nog 'n dag tot ons lewe toegevoeg, die feit dat ons geseënd is met geen gebrek aan ons liggaam - ons wil eerder kla oor dit en dat wat nie reg is in ons oë.  Gaan bid vandag en dank God vir al die seën wat Hy oor jou lewe uitgestort het en wat jy as vanselfsprekend aanvaar het.   

Lukas 8:18 "Gee aandag aan wat jy hoor.  Aan die wat hulle oopstel vir my lering, sal groter begrip gegee word.  Maar die wat nie luister nie, van hulle sal selfs dit wat hulle dink hulle het, weggeneem word."

Monday, March 7, 2011

Gebrokenheid

Is ek op 'n plek in my lewe wat ek kan sê Jesus is my oorwinnaar, Hy misluk nooit of Sy mag ken geen perke nie?  Hoekom laat Hy dan toe dat mense soms baie hartseer ervaar of slegte dinge met ons gebeur?  Hoekom is dit nie so maklik om daarvan te vergeet en aan te stap vorentoe nie?
Het hy opgemerk dat die voorvermelde alles net vrae is. 

Die antwoord op almal van hulle is eenvoudig:  sodat ons gebreek word voor Jesus omdat Hy wil hê ons moet groei volgens Sy wil, nie ons sin nie.  Ons moet verflou en verswak wees sodat ons kan herleef.  Jesus wil Sy seën op ons uitgiet, Hy wil ons dorstig maak sodat strome lewende water deur ons kan vloei. 

Filipense 4:13 "Ek kan onder alle omstandighede regkom deur Hom wat my krag gee".

Friday, March 4, 2011

The Serenity Prayer

This prayer has a personal story to me since I was a little girl.
I recognised this prayers from visiting my Grandmother,
and will always remember her as the person who planted the seed of God.

God grant me the serenity to accept the things
I can not change:  courage to change the things
I can; and wisdom to know the difference.

Living one day at a time;  enjoying one moment at a time;
Accepting hardships as the pathway to peace;
Taking, as He did, this sinful world as it is, and not as I would
have it;  Trusting that He will make all things right if
I surrender to His Will;  That I may be reasonably happy in
this life and supremely happy with Him Forever in the next.

Amen.

Thursday, March 3, 2011

Soek en jy sal vind

Hoe sien ons die Koningkryk van God, ons is immers op aarde? 
Vir hierdie rede het Hy juis sy enigste Seun gestuur om die loon te betaal vir al ons sondes.  Dis sy geskenk aan ons, ons moet waak daarteen om dit te bevraagteken deur gedagtes van hoe kan ons skotvry daarvan afkom.  Jy is die Here se kind, een wat Hy reeds met die Skepping in gedagte gehad het en Hy wil reeds vir jou 'n plekkie maak in Sy Koningkryk.

Johannes 3:3 "Jesus het daarop gereageer:  Ek verseker jou, as iemand nie van bo gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie".

Tuesday, March 1, 2011

Onreinheid

Al gewonder wat in God se oë maak ons onrein voor Hom.  Party van ons raai dat dit sekere kosse is, vloeistowwe wat ons onneem en nog vele meer.  As jy kon raai wat dit sou wees, sou jou antwoord dieselfde as Markus 7:15 wees?

"Wat van buite af in jou ingaan, kan jou nie onrein maak nie;  wat uit jou gaan - wat jy sê en doen - dit is wat jou onrein maak".