Tuesday, March 8, 2011

Gewillige gees

Om die Gees van God te ontvang, is daar sekere struikelblokke wat tussen ons en God staan wat eers verwyder moet word.  Eerstens moet jy 'n brandende begeerte in jou hart het om 'n verhouding met Jesus te hê.  Tweedens moet ons 'n gewillige gees hê en nederig voor God staan. 

Hoekom? 
Dit bepaal tot wattere mate jy deur God geseën sal word en God vloei deur mense wat na Sy wil vra. Soms waardeer ons nie die klein dingetjies wat ons reeds mee geseën is nie en is ons so geneig om bo-oor dit te kyk, bv. ons gesondheid, ons kinders, met elke sonsopkoms het God nog 'n dag tot ons lewe toegevoeg, die feit dat ons geseënd is met geen gebrek aan ons liggaam - ons wil eerder kla oor dit en dat wat nie reg is in ons oë.  Gaan bid vandag en dank God vir al die seën wat Hy oor jou lewe uitgestort het en wat jy as vanselfsprekend aanvaar het.   

Lukas 8:18 "Gee aandag aan wat jy hoor.  Aan die wat hulle oopstel vir my lering, sal groter begrip gegee word.  Maar die wat nie luister nie, van hulle sal selfs dit wat hulle dink hulle het, weggeneem word."

No comments:

Post a Comment