Thursday, April 28, 2011

Hoekom verloor ek vrede

Dit is God se manier om ons reaksies aan ons te wys.  Wanneer ons 'n gewillige gees het om ons sonde te bely, word ons daarvan gereinig.  Dis tog 'n eenvoudige manier om weer ons vrede terug te kry, maar soms is daardie "eie ek" nie bereid om omverskoning te vra nie.  Ons gees moet 'n gewillige gees wees om die sonde te bely wat ons verkeerd gedoen het, moenie toelaat dat die "eie ek" in jou weer opstaan nie.  Laat net die Heilige Gees toe om jou te lei wanneer jy belydenis doen.

Lukas 10:9-10 "En so sê Ek vir julle, hou aan vra, en vir julle sal gegee word wat julle vra.  Hou aan soek en julle sal vind.  Hou aan klop, en die deur sal oopgemaak word.  Want enigeen wat vra, ontvang.  Enigeen wat soek, vind.  En die deur word oopgemaak vir enigeen wat klop."

Wednesday, April 27, 2011

Wanneer ek my vrede verloor

Soms gebeur dit dat ons bid en vra dat God vir ons sal uitwys wat ons verkeerd gedoen het sodat ons dit kan bely en steeds herstel die vrede binne in ons nie.  Die rede hiervoor is omdat ons nie werklikwaar gebroke voor God staan nie.  Dit is moontlik en jy moenie moed verloor nie, hou aan bid.  Miskien het jy dalk nodig om vir iemand anders ook omverskoning te vra, of miskien glo jy dat die ander persoon 'n fout begaan het.  Die crux is dat ons "skoon" voor God moet staan - so ons moet alle versperrings wat daar moontlik tussen ons en God bestaan afbreek en dit kan ons alleenlik doen om in nederigheid die ander persoon onverskoning te vra (al is dit nie jou skuld nie) en dan weer nederig daaroor te bid.  Ons verloor nie ons vrede met God oor 'n ander persoon se sonde nie, slegs oor ons eie.

Jes 51:12 "Ek, ja, Ek is die Een wat julle troos.  Hoekom is julle dan bang vir gewone mense, vir mense wat soos gras vergaan."

Wednesday, April 20, 2011

Fluitjie wat blaas

Wanneer die Fluitjie geblaas het in ons binneste, moet ons tot stilstand kom en God versoek deur gebed dat Hy dit wat ons verkeerd gedoen het aan Hom uitwys en bely.  Die vrede binne in ons, sal Hy weer deur ons binneste laat spoel en sal herstel word deur die bloed van Jesus.  Ons beker sal weer kan oorloop van vreugde en vrede.  Dis soms moeilik om tussen die harwar van 'n spesifieke gebeurtenis kop te hou.  Al hoe ons dit kan regkry is deur Hom wat ons die krag gee daarvoor en nie uit ons eie krag nie.  Maak nie saak hoe groot of klein hierdie donkerwolk oor jou kop hang of hoe diep die rivier is waardeur jy moet gaan nie, 
Dit mag ook wees dat dit oor 'n baie lang tydperk strek.  Moenie bekommerd wees nie, weet net dat Hy alleenklik vir jou die krag sal gee om deur die diep rivier te gaan of jou beskerm teen die donderslae.  Onsself is tot niks instaat nie. 

Jes 43:2-3 "Wanneer jy deur diep water gaan, sal Ek by jou wees.  Wanneer jy deur riviere gaan, sal hulle jou nie wegspoel nie.  Wanneer jy deur vuur stap, sal jy nie verbrand nie.  Die vlamme sal jou nie verteer nie." 

Die skeidsregter

Die vrede van Christus in ons harte, tree op as skeidsregter.  Wanneer hierdie vrede van Hom wat in ons harte heers versteur word, is dit die tye wat ons sonde gepleeg het.  Partykeer kom ons dit nie agter nie en eers nadat ons "herstel" het van 'n woedeuitbarsting, geirriteerdheid, vrees, selfbewustheid of wat dit ookal mag wees, word ons bewus dat ons eintlik verkeerd opgetree het.  Die Helige Gees blaas hierdie fluitjie en maak ons bewus daarvan.  Soos 'n skeidsregter in 'n wedstryd, blaas Hy die fluitjie en staak die spel.  Dit is waar gehoorsaamheid van ons vereis word om dit te belei.

Spreuke 23:12 "Onderwerp jou aan dissipline, luister goed na wat ek jou leer."

Monday, April 18, 2011

So eenvoudig soos

Die woord van God is ons lewenshandleiding.  Daarsonder sal dit maar moeilik gaan om  behoorlik te verstaan en weet hoe alles inmekaar pas.  Dit is 'n allensinsluitende handleiding wat leidrade bevat oor hoe ons moet wandel met Jesus en ons laat verstaan wat sonde is en wanneer dit ons lewe besoedel.  As ons kyk na Kol 3:15, sê dit vir ons, Jesus gee vir ons vrede.  Wanneer hierdie vrede versteur word wat in ons harte heers, hoe klein dit ook al mag wees, pleeg ons sonde (daar is nie 'n groot of 'n klein sonde nie - sonde bly sonde).

Kolessense 3:15 "Die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee".

Is dit genoeg?

Dis nie goed genoeg om net ons gevoelens, irritasies, gedagtes, ens. na Golgota te neem nie.  Ons moet totaal en al gebreek word daarvan - hierby bedoel ek om die hele saak aan God oor te gee en te aanvaar dat dit God se wil is vir ons.  Nadat ons dit gedoen het, kan ons biddend na Jesus gaan sodat Sy bloed ons kan reining.  Ons moet nou onthou:  daardie gevoel, irritasie of gedagte of wat dit ook al mag wees, is nou gereinig, dit behoort nie meer aan ons nie omdat ons in Jesus afgesterf het daarin en dat Hy die prys vir ons behaal het op Golgota.  Dit het nie meer mag oor ons nie en ons moet ook verseker dat dit nie meer mag oor ons het nie.  Hoekom nie?  Omdat ons moet waak om nie onsself besig te hou met die self nie, maar eerder met die oorwinning wat Hy gebring het en Hom loof dat Hy nog steeds oorwin.

Jesaja 41:10  "Moenie bang weess nie, want Ek is by jou.  Moenie ontsteld word nie, want ek is jou God.  Ek hou jou vas." 

Friday, April 15, 2011

Measurement of life

"Life is not measured by the number of breaths we take but by the moments that take our breath away,"

Think about this. You may not realize it, but it's 100% true.

1.
A few people in this world love you in some way.


2. A smile from you can bring happiness to anyone, even if they don't like you.


3. Every night, SOMEONE thinks about you before they go to sleep.


4. You mean the world to someone..


5. If not for you, someone may not be living.


6. You are special and unique.


7. When you think you have no chance of getting what you want, you probably won't get it, but if you trust God to do what's best, and wait on His time, sooner or later, you will get it or something better.


8. When you make the biggest mistake ever, something good can still come from it.


9. When you think the world has turned its back on you, take a look: you most likely turned your back on the world.


10. Someone that you don't even know exists loves you.


11. Always remember the compliments you received...    Forget about the rude remarks.


12 . Always tell someone how you feel about them; you will feel much better when they know and you'll both be happy .


13. If you have a great friend, take the time to let them know that they are great.

Gaan dit my help om elke keer vergifnis te vra?

Wanneer ons vra om vergifnis, vergewe Jesus ons en deur dit ervaar ons die krag van Sy bloed - vreugde en vrede.  Hoe meer jy op hierdie wyse met Hom kommunikeer, hoe minder sal jy daardie skuldgevoelens ervaar.  Ons moet egter net verseker dat ons gereinig is voor God met betrekking tot hierdie sonde.
Veronderstel ek hou nie van jou hare vanoggend en dit irriteer my.  My geirriteerdheid wat sonde voor God is, moet ek gaan regstel deur oor te gee aan Hom en jou asook die wyse waarop jou hare geblaas is vanoggend en dit aanvaar as Sy wil vir my.  Onthou Hy gebruik mense om ons te "vorm", of ons nou nie hou van dit of van dat aan die persoon.  Hy het hom juis uitgekies vir jou.

Ef 5:17 "Moenie ondeurdag optree nie, maar probeer uitvind wat God se wil is."

Wednesday, April 13, 2011

Wat maak ek indien ek wel gesondig het?

Dit is so maklik om sonde te pleeg, jy word skielik kwaad vir iemand wat nie gedoen het soos jy verwag het nie of dalk kritiek gelewer het op iets wat jy gesê het.  Wat ook al dit mag wees onthou, Jesus se bloed wat vir ons gevloei het op Golgota reinig ons daarvan.  Ons kan ook nie willens en wetens net sonde doen en verwag dat Hy dit sal vergewe nie.  Dit gaan oor die gesindheid van ons hart - het ek dit gesê om net my mes ook in te kry of het dit per ongeluk uitgeglip en het opregte berou daaroor.  Die oomblik wat jy bewus word van die sonde, gee dit oor aan Jesus en vra Hom om dit te reinig deur die krag van Sy bloed.

Psalm 68:20-21 "Prys die Here wat ons dag na dag in Sy arms dra.  Hy is die God van verlossing.  God is vir ons die God wat verlos!  Die Here God het beheer oor die dood."

Bloed van Jesus

Besef ons werklikwaar wat se krag Jesus se bloed gehad het wat vir ons gevloei het?  Het jy al ooit so bewus van jouself gevoel en eerder gevoel:  sluk my eerder in aarde?  Of as iemand jou skielik 'n vraag vra waarop jy dalk onvoorbereid was, wat jy gevrees het om te antwoord?  Het jy al die vrymoedigheid om vir jou maat gesê, ek's nie een oomblik spyt ek het jou gekies nie, of het jy eerder teruggehou wat jou hart wil vertel, jou humeur verloor het oppad werk toe, jaloers geword omdat jou maat/vriende/familie 'n beter huis of kar as jy het?  Het jy geweet dat dit ook as sonde beskou word?  Die oorsprong is ongeloof en die omgekeerde hiervan is hoogmoed.

Jy hoef nie vir een oomblik skuldig te voel, terughoudend te wees of bewus te wees van jouself nie.  Toe Jesus aan die kruis gesterf het:  vol pyn en leiding, die mense se ongehoorsaamheid, emosionele seerkry, hoe vernederend Hy dalk mag gewees het, het op daardie stadium nie deur Sy gedagtes gegaan nie.  Wat deur Sy gedagtes gegaan het is Sy Vader se wil en nie Syne nie.  Dit was ook juis die Vader se bedoeling dat Sy kosbare bloed moes gevloei het sodat Hy die mens kan red.  Die bedoeling van die bloed is om ons van ALLE sondes te verlos.  Al wat ons moet doen is om ons beker skoon te hou, vry van sonde.

1 Pet 1:8 "Hom het julle lief, al het julle Hom nooit gesien nie.  Al sien julle Hom nie nou nie, vertrou julle op Hom;  julle kan die wonderlike blydskap wat julle in julle voel, eintlik nie onder woorde bring nie."

Thursday, April 7, 2011

Hoe ontdek ek die skat van my beker?

Wanneer ons Hom toelaat om ons te wys wat in ons beker is, reining Hy dit met Sy kosbare bloed wat vir ons sondes gevloei het.  Wanneer dit gebeur, reinig Hy nie net al die skuld van ons sondes nie maar smelt dit weg deur die vergifnis wat Hy alleenlik ons kan bied.  Dit is 'n keuse wat ons maak om Hom te kies en sonde ons vyand te verklaar.  Hy het ons geskape na Sy beeld en Sy bedoeling was dat die mens Hom eer.  Ons kan Hom eer deur 'n intieme verhouding met Hom te hê deur gebed, kerk bywoning en Sy Woord te lees om ons leiding te gee in ons daaglikse lewe.

Rom 8:28 "En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens Sy doel vir hulle lewe."

Wednesday, April 6, 2011

Wat verhoed dat my beker oorloop?

Wanneer Jesus verby ons hart se beker gaan, vul hy dit tot oorlopens toe.  Maar wanneer daar sonde in ons beker is, enige vorm van sonde, vul Hy nie ons beker nie omdat sonde Sy vyand is.  Maak dus seker dat die "eie ek" afgesterf het binne in jou want dit is ook sonde, hoe gering dit ook al mag wees.  Kan jy met eerlikheid sê jou beker is silverskoon in Jesus se oë, sonder eiebelang, selfbejammering, selfsugtigheid, selfverlusting, oorgevoeligheid, liggeraaktheid, verwyt, selfverdediging, selfbewustheid, terughoudendheid, bekommernis en vrees.

Deut 30:2 "As jy na die Here jou God terugkeer en jy en jou kinders begin om weer die gebooie wat ek jou vandag gee van harte gehoorsaam, sal die Here jou God jou situasie verander.  Hy sal jou genadig wees."

Tuesday, April 5, 2011

Wat gebeur as my beker oor loop?

Wanneer Jesus jou kruik tot oorlopens toe vul, vloei Sy lewe deur ons na ander verlore siele.  Omdat ons omgee vir mekaar, is ons bekommerd oor mekaar se saligheid en het ons 'n diep begeerte dat hulle ook mede-Christene moet word.  Hy is ons Herder en ons is Sy skape.  Hy gee om vir al die verlore skape en die Hemele juig wanneer een siel gered word.

Johannes 10:16 "Ek besit ook nog ander skape wat nie van hierdie kraal is nie.  Ek moet hulle ook versorg.  Hulle sal na my stem luister en hulle sal een trop wees met een Herder."