Tuesday, November 30, 2010

Moenie jou toekoms reïneer nie

Jy kan nie die verlede vander nie, maar jy kan die huidige ruïneer deur te bekommer oor die toekoms

Romeine 3:22 "God spreek ons vry wanneer ons op Jesus vertrou om ons sonde weg te neem.  Ons kan almal hierdie vryspraak ontvang, maak nie saak wie ons is of wat ons gedoen het nie."

Al was jou voertuig se remme "buite beheer" in die verlede, moet jy nooit weer jouself daaroor aankla dat dit "buite beheer" was nie.  Tree positief op deur eerder te leer daaruit en voorkomend op te tree in die toekoms, as om kort kort herinner te word deur die duiwel wat gedagtes in jou intellek plant om jou net weer te laat val.  Jesus het immers vir jou en vir my aan die kruis gesterf en ons van al ons sondes vergewe - de laaste een!  Dit is juis die werk van die duiwel om jou te kom herinner dat jy faal.  Moenie swig voor sy versoeking nie.

Monday, November 29, 2010

Woede

Woede is 'n toestand waar die tong vinniger werk as die verstand

Kol 3:6 "Met woorde wat altyd vriendelik en sinvol is, moet julle gereed staan om die regte antwoord vir elke mense te gee".

Waak daarteen dat jou "voertuig" se remme faal.  Versien jou remme voortdurend op 'n daaglikse basis deur bewustelik te wees van jou denke, emosie en gedrag teenoor 'n ander persoon.  Wanneer iemand se "remme" faal, sny dit 'n diep groef in 'n ander persoon se hart.  Ongeag van wie die ander persoon mag wees, laat dit 'n lidteken op sy/haar hart.  In sommige gevalle is die ander hart in stukke geruk, wat genesing vir daardie persoon 'n onbegonne taak maak.

Al mag dit hoe moeilik wees om jou "remme" in beheer te hou, onthou, jy het altyd 'n geleentheid om dit te kan gebruik.  Gebruik jy joune?

Friday, November 26, 2010

Voorskryf

Tensy jy die hele skepping kan skep in 5 dae, is dit miskien nie so 'n goeie idee om vir God voor te skryf nie

Psalm 94:12-13 " Geseend is hulle vir wie U vermaan, Here, vir wie U uit U gebooie onderrig.  U gee hom verligting in moeilike tye......."

Soms gebeur daar tragiese/hartseer/onvoorsiene dinge met 'n mens waaroor jy absoluut geen beheer het nie.  Die belangrikheid hierin lê nie daarin dat jy op 'n hopie moet gaan sit en jouself bejammer oor wat gebeur het nie, maar om eerder in nederigheid na die Here toe te draai .  God laat dit juis toe om dinge met ons te laat gebeur sodat ons verby die seer moet kyk en die les wat jy daaruit moet leer, raaksien.

Jy is oppad om in jou voertuig te klim en te vertrek.  Alles funksioneer in harmonie met mekaar toe jy die voertuig aanskakel en jy beweeg agteruit in jou oprit.  Terwyl jy in tru rat is, voel jy dat iets nie wel is met die voertuig se beweging nie en klim uit die voertuig.  Hou in gedagte dat jy oppad is na 'n baie belangrike vergadering. 

Toe jy na die regter voorwiel kyk, is dit onklaar.  Wat gaan jy maak?  Jy het die nodige gereedskap en 'n handleiding tot jou beskikking.  Gaan jy kwaad word en geïrriteerd wees met almal wat op "jou hopie" waag aandoen vandag, of gaan jy die nodige doen om die band te herstel? Gaan jy die beste van 'n slegte saak maak en eerder die voertuig elke oggend, voor jy vertrek, nagaan?

Is dit weliswaar nie eerder die moeite werd om eerder bietjie moeite te doen om die voertuig vinnig na te gaan in die oggend voor jy vertrek nie?  Doen jy die moeite om terug te dink waar jy moontlik die spyker in die band opgetel het?

Thursday, November 25, 2010

Suksesvolle huwelike

Suksesvolle huwelike is nie om die regte persoon te vind nie, maar om die regte persoon te wees.

1 Petrus 3:1-4, 7-12 " Vrouens, julle moet aan julle mans onderdanig wees.  As daar van julle is met mans wat nie die Woord van God glo nie, en die mans sien hoe Godvresend julle is en hoe voorbeeldig julle julle gedra, sal hulle vir Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens.  Dit sal nie eens vir julle nodig wees om 'n woord te sê nie. Julle skoonheid moet nie bestaan in uiterlike dinge soos haarkapsels, juwele en sierlike klere nie.  Nee, julle skoonheid moet diè van die innerlike mens wees:  blywend, beskeidenheid en kalmte van gees.  Dit het by God groot waarde.

Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleefBewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegaweDan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder. 

Wees almal eensgesind, medelyend, liefdevol (toegeneë teenoor mekaar), goedhartig, nederigMoenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie.  Inteendeel, antwoord met 'n seënwese, want daartoe is julle geroep, sodat julle seën van God kan verkry (beërf).  Daar staan geskrywe: "As iemand die lewe liefhet en 'n lang lewe begeer om die goeie te geniet, moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens.  Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en  jaag dit na!  Die Here sorg vir die opregtes en luister na hulle hulgeroep, maar Hy tree op teen diè wat kwaad doen".


Jou voertuig is toegerus met funksionerende ligte aan weerskante, een links en een regs.  Hierdie ligte moet te alle tye saam aangeskakel wees en in sinkronisasie met mekaar werk, anders bemoeilik dit vir die bestuurder van die voertuig probleme tydens 'n rit in die nag byvoorbeeld.  In 'n huwelik leef twee mense vir mekaar en deel hul diepste menslike behoeftes met mekaar.  Die vraag is nie:  "het God hierdie maat vir my bedoel nie?".  Die vraag is eerder hoe julle as huweliksmaats teenoor mekaar op tree, nadat julle aan mekaar verbind is (leef ek my huwelik soos God bedoel het ek dit sal lewe?)  
Die Bybel stel in gehoorsaamheid belang:  is jy bereid om saam met jou huweliksmaat deur dik en dun te gaan/deur goeie - en slegte tye, blydskap/hartseer.  Is jy bereid om jou maat onvoorwaardelik te aanvaar;  te bemoedig ten spyte van siekte;  by te staan in moeilike tye ten midde van 'n besige skedule/gebeure?

Daar word juis van julle verwag om met mekaar as eenheid te funksioneer.  Julle moet op 'n gesinkroniseerde wyse saam leef sodat dit opvallend sal wees vir ander mense.  Om laasgenoemde te laat seëvier, moet jy en jou maat bereid wees om julleself die een in die ander een se skoene te plaas en daarvolgens saam besluite te kan neem.

Is beide julle voertuig se ligte in werkende toestand of kort dit daardie rapsie fyn instelling?

Wednesday, November 24, 2010

Op die pad gereed om te vertrek

Voed jou geloof en jou twyfel sal sterf van die honger.

Job 11:15-18 " Jy sal sterk wees en vry van angs.  Jy sal jou swaarkry vergeet.  Dit sal weg wees soos water onderdeur 'n brug.  Jou lewe sal helder wees soos in die middel van die dag, alle donkerte so helder soos die oggendlig.  Jy sal vol moed wees omdat jy hoop sal hê.  Jy sal beskerm wees en rus in veiligheid.  Jy sal sonder vrees gaan slaap."

Wanneer jy met die voertuig van geloof ry, is dit nie net vir inklim en ry nie.  Soos 'n voertuig brandstof nodig het om te kan funksioneer, so het jou geloof ook voeding nodig om te kan groei.  Hierdie voertuig benodig  nou en dan 'n versiening.  So moet jou geloof versterk word deur aktief betrokke te wees in jou geestelike groei deur middel van 'n omgeegroep, seminare, aktiwiteite of toesprake wat geestelik geörienteerd is.  Net voor jy gereed is om te vertrek, onthou om die voertuig se olie en water na te gaan.  Net so moet jy op 'n gereelde basis kerk bywoon en die geleentheid aangryp om God te eer deur lofprysing.

Jou voertuig is nou gereed om te vertrek.  Indien jou gees op 'n gereelde basis versien word, sal dit jou help om donker tye met 'n helder gemoed deur te reis en veilig by jou eindbestemming te arriveer.  Jy kan veilig voel by God sonder vrees en weet dat hy jou beskerm wanneer jy rus.




Feed you faith and your doubts will starve.

Job 11:16-19 "Because you would forget your misery, And remember it as waters that have passed away, And your life wouLd be brighter than noonday.  Though you were dark, you would be like the morning.  And you would be secure, because there is hope; Yes, you would dig around you, and take your rest in safety.  You would also lie down, and no one would make you afraid."


When you use the vehicle of faith drive, it is not just for board and ride.   As a vehicle needs fuel to function, so does your believe need power supply to grow.  This vehicle needs a servicing now and then.  So should your faith  be strenghtenened by active involvement in your spiritual growth through a support group, seminars, events or speeches of spiritual orientation.  Just before you are ready to leave, remember to check the vehicle's water and oil.  Just as you should attend Church on a regular basis, you should seize the opportunity to honor God through praise. 

Your vehcile is now ready to leave.  If your spirit is serviced on a regular basis, it will help you get through dark times with a clear mind and arrive safely at your destination.   You can feel safe in God without fear and know that He protects you when you rest.

Tuesday, November 23, 2010

1 Minuut stukkie

Die beste manier om iemand "terug te kry" is om te vergewe.

Spreuke 3:27 sê:  "Moenie wag om goed te doen vir iemand wat dit nodig het nie, veral as dit vir jou moontlik is om dit te doen".

Moenie toelaat dat selftrots in jou pad staan om dit te doen nie.  Maak eerder pad vir nederigheid en dankbaarheid wat op jou pad geplaas word.  Ry dan veilig in hierdie voertuig deur die kans aan te gryp en dit te benut deur gebed en danksegging.