Tuesday, March 22, 2011

Ons rol as 'n gewillige wurm

As Jesus gewillig was om vir ons 'n "wurm" te wees waarna verwys is op Donderdag 17/3/2011, het Hy nie juis vir ons 'n voorbeeld hierin gestel om ons regmatige plek as wurms vir Hom uit te beeld nie?

Jesus se Bergrede handel juis oor nieverset, liefde vir die vyand en onselfsugtige diens.  Wanneer ons sterf aan die self, neem ons aanvanklik aan dat die "eie ek" gebreek is en verby is.  Dit is egter 'n voortdurende proses daarna in die sterf van "die self".  Die afsterwe in "die self" is Sy manier om 'n diep kanaal van stromende waters van Jesus deur ons te laat vloei.  In praktiese toepassing word verwys na elke vernedering wat ons mag beleef, geduld wat beproef word deur iets of iemand, daardie oomblik wat iemand vir jou iets sĂȘ wat jy nou nie eintlik wou hoor nie en so gaan die lys aan .......

Matteus 16:25 "As julle probeer om julle lewe vir julleself te bewaar, sal julle dit verloor.  Maar as julle julle lewe ter wille van My prysgee, sal julle ware lewe vind."

No comments:

Post a Comment