Friday, July 8, 2011

Wat kan ek doen?

Wanneer ek afgestomp, alleen, ongewaardeerd, niks meer werd, deur die modder gesleep, poot uit, te kort het aan vreugde, uit stres, pyn in my verlede ervaar het, moedeloos is, skuldig voel of onafhanklik is van iets in my lewe, wat kan ek doen om beter te voel of om nie meer so te voel nie?
Indien jy nog nie 'n daaglikse tydjie afknyp vir gebed en bybelstudie met God nie, is dit die ideale tyd om dit te begin doen.  Dit sal jou geestelike lewe verryk en vorm deel uit van jou genesingsproses.  Sonder hierdie basis sal alle pogings faal om beter te word, want die Heilige Gees is die bron van genesing - Hy bemoei Hom met dit.  God moet die fondament van jou lewe wees waarop jy 'n sterk gees en tempel
(liggaam) bou.

Indien jy dit reeds doen, kan jy 'n selgroepie nader.  Sommige mense is sku of trots om by selgroepies aan te sluit.  Daar is egter baie waarde verbind aan so groepie:  'n mens leer baie uit ander se foute, dit stimuleer geestelike en persoonlike groei in jou verhouding met God.  Soos Jesus moet ons leef in die Lig van God en wanneer ons dit doen ervaar ons 'n wonderlike gemeenskap met ander en put ons vreugde daaruit.  Dit is nie al nie - die kosbare bloed van Jesus reinig ons van sonde.  Soos jy groei sal jy leer om jouself voortdurend te reinig deur Sy bloed want almal doen daagliks sonde.

Sommige van ons voel dit wat ons ervaar is heeltemal oorweldigend en kan dit nie self hanteer nie.  Wanneer jy so voel, mag dit vir jou tot voordeel wees om 'n pastorale berader te nader sodat hy/sy vir jou kan help.  Wanneer die proses egter voltooi is met die pastorale berader, gaan terug na stap twee toe - die selgroep.  'n Mens moet opreg verbind wees om 'n probleem op te los en bereid wees om vandaaraf te groei.

No comments:

Post a Comment