Thursday, April 28, 2011

Hoekom verloor ek vrede

Dit is God se manier om ons reaksies aan ons te wys.  Wanneer ons 'n gewillige gees het om ons sonde te bely, word ons daarvan gereinig.  Dis tog 'n eenvoudige manier om weer ons vrede terug te kry, maar soms is daardie "eie ek" nie bereid om omverskoning te vra nie.  Ons gees moet 'n gewillige gees wees om die sonde te bely wat ons verkeerd gedoen het, moenie toelaat dat die "eie ek" in jou weer opstaan nie.  Laat net die Heilige Gees toe om jou te lei wanneer jy belydenis doen.

Lukas 10:9-10 "En so sê Ek vir julle, hou aan vra, en vir julle sal gegee word wat julle vra.  Hou aan soek en julle sal vind.  Hou aan klop, en die deur sal oopgemaak word.  Want enigeen wat vra, ontvang.  Enigeen wat soek, vind.  En die deur word oopgemaak vir enigeen wat klop."

No comments:

Post a Comment