Wednesday, April 27, 2011

Wanneer ek my vrede verloor

Soms gebeur dit dat ons bid en vra dat God vir ons sal uitwys wat ons verkeerd gedoen het sodat ons dit kan bely en steeds herstel die vrede binne in ons nie.  Die rede hiervoor is omdat ons nie werklikwaar gebroke voor God staan nie.  Dit is moontlik en jy moenie moed verloor nie, hou aan bid.  Miskien het jy dalk nodig om vir iemand anders ook omverskoning te vra, of miskien glo jy dat die ander persoon 'n fout begaan het.  Die crux is dat ons "skoon" voor God moet staan - so ons moet alle versperrings wat daar moontlik tussen ons en God bestaan afbreek en dit kan ons alleenlik doen om in nederigheid die ander persoon onverskoning te vra (al is dit nie jou skuld nie) en dan weer nederig daaroor te bid.  Ons verloor nie ons vrede met God oor 'n ander persoon se sonde nie, slegs oor ons eie.

Jes 51:12 "Ek, ja, Ek is die Een wat julle troos.  Hoekom is julle dan bang vir gewone mense, vir mense wat soos gras vergaan."

No comments:

Post a Comment