Wednesday, April 13, 2011

Bloed van Jesus

Besef ons werklikwaar wat se krag Jesus se bloed gehad het wat vir ons gevloei het?  Het jy al ooit so bewus van jouself gevoel en eerder gevoel:  sluk my eerder in aarde?  Of as iemand jou skielik 'n vraag vra waarop jy dalk onvoorbereid was, wat jy gevrees het om te antwoord?  Het jy al die vrymoedigheid om vir jou maat gesê, ek's nie een oomblik spyt ek het jou gekies nie, of het jy eerder teruggehou wat jou hart wil vertel, jou humeur verloor het oppad werk toe, jaloers geword omdat jou maat/vriende/familie 'n beter huis of kar as jy het?  Het jy geweet dat dit ook as sonde beskou word?  Die oorsprong is ongeloof en die omgekeerde hiervan is hoogmoed.

Jy hoef nie vir een oomblik skuldig te voel, terughoudend te wees of bewus te wees van jouself nie.  Toe Jesus aan die kruis gesterf het:  vol pyn en leiding, die mense se ongehoorsaamheid, emosionele seerkry, hoe vernederend Hy dalk mag gewees het, het op daardie stadium nie deur Sy gedagtes gegaan nie.  Wat deur Sy gedagtes gegaan het is Sy Vader se wil en nie Syne nie.  Dit was ook juis die Vader se bedoeling dat Sy kosbare bloed moes gevloei het sodat Hy die mens kan red.  Die bedoeling van die bloed is om ons van ALLE sondes te verlos.  Al wat ons moet doen is om ons beker skoon te hou, vry van sonde.

1 Pet 1:8 "Hom het julle lief, al het julle Hom nooit gesien nie.  Al sien julle Hom nie nou nie, vertrou julle op Hom;  julle kan die wonderlike blydskap wat julle in julle voel, eintlik nie onder woorde bring nie."

No comments:

Post a Comment