Thursday, April 7, 2011

Hoe ontdek ek die skat van my beker?

Wanneer ons Hom toelaat om ons te wys wat in ons beker is, reining Hy dit met Sy kosbare bloed wat vir ons sondes gevloei het.  Wanneer dit gebeur, reinig Hy nie net al die skuld van ons sondes nie maar smelt dit weg deur die vergifnis wat Hy alleenlik ons kan bied.  Dit is 'n keuse wat ons maak om Hom te kies en sonde ons vyand te verklaar.  Hy het ons geskape na Sy beeld en Sy bedoeling was dat die mens Hom eer.  Ons kan Hom eer deur 'n intieme verhouding met Hom te hê deur gebed, kerk bywoning en Sy Woord te lees om ons leiding te gee in ons daaglikse lewe.

Rom 8:28 "En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens Sy doel vir hulle lewe."

No comments:

Post a Comment