Wednesday, April 13, 2011

Wat maak ek indien ek wel gesondig het?

Dit is so maklik om sonde te pleeg, jy word skielik kwaad vir iemand wat nie gedoen het soos jy verwag het nie of dalk kritiek gelewer het op iets wat jy gesĂȘ het.  Wat ook al dit mag wees onthou, Jesus se bloed wat vir ons gevloei het op Golgota reinig ons daarvan.  Ons kan ook nie willens en wetens net sonde doen en verwag dat Hy dit sal vergewe nie.  Dit gaan oor die gesindheid van ons hart - het ek dit gesĂȘ om net my mes ook in te kry of het dit per ongeluk uitgeglip en het opregte berou daaroor.  Die oomblik wat jy bewus word van die sonde, gee dit oor aan Jesus en vra Hom om dit te reinig deur die krag van Sy bloed.

Psalm 68:20-21 "Prys die Here wat ons dag na dag in Sy arms dra.  Hy is die God van verlossing.  God is vir ons die God wat verlos!  Die Here God het beheer oor die dood."

No comments:

Post a Comment