Monday, April 18, 2011

So eenvoudig soos

Die woord van God is ons lewenshandleiding.  Daarsonder sal dit maar moeilik gaan om  behoorlik te verstaan en weet hoe alles inmekaar pas.  Dit is 'n allensinsluitende handleiding wat leidrade bevat oor hoe ons moet wandel met Jesus en ons laat verstaan wat sonde is en wanneer dit ons lewe besoedel.  As ons kyk na Kol 3:15, sê dit vir ons, Jesus gee vir ons vrede.  Wanneer hierdie vrede versteur word wat in ons harte heers, hoe klein dit ook al mag wees, pleeg ons sonde (daar is nie 'n groot of 'n klein sonde nie - sonde bly sonde).

Kolessense 3:15 "Die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee".

No comments:

Post a Comment