Wednesday, April 20, 2011

Die skeidsregter

Die vrede van Christus in ons harte, tree op as skeidsregter.  Wanneer hierdie vrede van Hom wat in ons harte heers versteur word, is dit die tye wat ons sonde gepleeg het.  Partykeer kom ons dit nie agter nie en eers nadat ons "herstel" het van 'n woedeuitbarsting, geirriteerdheid, vrees, selfbewustheid of wat dit ookal mag wees, word ons bewus dat ons eintlik verkeerd opgetree het.  Die Helige Gees blaas hierdie fluitjie en maak ons bewus daarvan.  Soos 'n skeidsregter in 'n wedstryd, blaas Hy die fluitjie en staak die spel.  Dit is waar gehoorsaamheid van ons vereis word om dit te belei.

Spreuke 23:12 "Onderwerp jou aan dissipline, luister goed na wat ek jou leer."

No comments:

Post a Comment