Wednesday, April 20, 2011

Fluitjie wat blaas

Wanneer die Fluitjie geblaas het in ons binneste, moet ons tot stilstand kom en God versoek deur gebed dat Hy dit wat ons verkeerd gedoen het aan Hom uitwys en bely.  Die vrede binne in ons, sal Hy weer deur ons binneste laat spoel en sal herstel word deur die bloed van Jesus.  Ons beker sal weer kan oorloop van vreugde en vrede.  Dis soms moeilik om tussen die harwar van 'n spesifieke gebeurtenis kop te hou.  Al hoe ons dit kan regkry is deur Hom wat ons die krag gee daarvoor en nie uit ons eie krag nie.  Maak nie saak hoe groot of klein hierdie donkerwolk oor jou kop hang of hoe diep die rivier is waardeur jy moet gaan nie, 
Dit mag ook wees dat dit oor 'n baie lang tydperk strek.  Moenie bekommerd wees nie, weet net dat Hy alleenklik vir jou die krag sal gee om deur die diep rivier te gaan of jou beskerm teen die donderslae.  Onsself is tot niks instaat nie. 

Jes 43:2-3 "Wanneer jy deur diep water gaan, sal Ek by jou wees.  Wanneer jy deur riviere gaan, sal hulle jou nie wegspoel nie.  Wanneer jy deur vuur stap, sal jy nie verbrand nie.  Die vlamme sal jou nie verteer nie." 

No comments:

Post a Comment