Tuesday, May 3, 2011

'n Helende hart

Ons hart moet 'n honger hê om in herstelde gemeenskap met God te wees.  Wanneer dit gebeur, is ons nie net bereid om na God te roep nie maar kan ons ook die reinigende bloed van Jesus oor ons lewe laat vloei daar waar dit nodig is.  Dit sal ons lei na gehoorsaamheid en gebrokenheid wat die eerste stap is na herlewing.

Heilige Gees, ek bid dat U vir my sal uitwys waar daar sonde in my lewe teenwoordig is.  Maak my gees gewillig om gehoorsaam aan U te wees sodat ek in gebrokenheid voor U kan staan en myself aan U oor te gee.  Reinig my van dit wat onrein in my lewe is en laat my nie treur oor my sonde nie.  Laat ek opkyk in oorwinning na Jesus Christus en God loof omdat Hy steeds oorwin.  Amen.

No comments:

Post a Comment