Friday, April 15, 2011

Gaan dit my help om elke keer vergifnis te vra?

Wanneer ons vra om vergifnis, vergewe Jesus ons en deur dit ervaar ons die krag van Sy bloed - vreugde en vrede.  Hoe meer jy op hierdie wyse met Hom kommunikeer, hoe minder sal jy daardie skuldgevoelens ervaar.  Ons moet egter net verseker dat ons gereinig is voor God met betrekking tot hierdie sonde.
Veronderstel ek hou nie van jou hare vanoggend en dit irriteer my.  My geirriteerdheid wat sonde voor God is, moet ek gaan regstel deur oor te gee aan Hom en jou asook die wyse waarop jou hare geblaas is vanoggend en dit aanvaar as Sy wil vir my.  Onthou Hy gebruik mense om ons te "vorm", of ons nou nie hou van dit of van dat aan die persoon.  Hy het hom juis uitgekies vir jou.

Ef 5:17 "Moenie ondeurdag optree nie, maar probeer uitvind wat God se wil is."

No comments:

Post a Comment