Thursday, June 23, 2011

Hoe gaan ek terug op die pad wanneer ek afdwaal?

Wanneer ons kwaad word, gevoel van jaloesie, haat, die "eie ek" wat terugkeer ens. toelaat in ons lewe al is ons op die Grootpad, dwaal ons af want niks wat onrein is kan op die Pad wees nie.  Hierdie pad is heilig.  As ons nie terugkeer nie, sal ons teen die helling afgly in die moeras in.  Wanneer dit gebeur, gaan terug na God en vra hom on vir jou te wys wat daardie gevoel veroorsaak het.  Maak vrede met die feit dat dit dalk 'n tydjie mag neem om tot insig te kom.  God wil vir ons wys dat dit nie die ander persoon wat jou dalk kwaad gemaak het se optrede was nie, maar die wyse is waarop jy gereageer het.

Spr 24:12 "Moenie jou verontskuldig en sĂȘ:  "Ons het nie geweet nie".  Hy wat die gedagtes toets, weet mos wat waarheid is.  Hy wat Sy hand oor jou hou, weet wat waar is.  God roep elkeen tot verantwoording vir wat hy gedoen het."

No comments:

Post a Comment