Sunday, June 12, 2011

Gebed om gebrokenheid

Om gebroke te wees voor God, wil ons Sy wil en nie ons eie wil laat geskied nie.  Hy gee vir ons innerlike krag deur Sy Heilige Gees wat in ons woon, sodat ons harte deur Sy liefde en gebrokenheid wat in ons plek gesterf het, geweek kan word.  Daardeur sê ons dat ons 'n diep innige verlange het om 'n intieme verhouding met Hom te hê en in stand te hou.  Om ons verhouding met Hom in stand te hou, is baie belangrik.  Ons moet nie as vanselfsprekend aanvaar dat ons Sy Heilige Gees ontvang het en ons nou agteroor kan sit nie.  Nee, dis 'n aktiewe deelname met die Heilige Gees wat veroorsaak dat ons geestelik groei.

Indien jy nog nie die Heilige Gees ingenooi het om binne-in jou te kom woon nie, of miskien wil jy jou opnuut weer wil verbind tot God, bid die volgende: 
Vader, ek het 'n brandende begeerte in my hart om U innige te ken.  Help my asseblief dat ek sal minder word en U meer sal word binne-in my.  Kom breek my eie wil en laat Christus in my leef.  Ek wil my hart uitgiet voor U en die eienaarskap van my hart aan U oorhandig.  Lei my om in 'n aktiewe verhouding met U te staan, van nou tot in alle ewigheid.  Amen. 

No comments:

Post a Comment