Thursday, June 9, 2011

Die lae deur aan die voet van die kruis

Op die kruin van die steil heuwel is daar 'n kruis, die kruis van Golgota.  Dit bewaak die weg na die pad na Christus.  Aan die voet van die kruis is daar 'n verskriklike lae deur waardeur ons moet ingaan.  Ons moet buk en deurkruip om op Christus se pad te kom en daar is geen ander manier hoe ons andersins op Sy pad sal kom nie.  Dit word genoem die deur van gebrokenheid.  Slegs wanneer ons so gebroke is dat daardie "eie ek" gebreek word, buk en kruip ons deur daardie lae deur. 

Johannes 3:5-6 "Jesus het geantwoord:  Ek verseker jou, as iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy so nimmer as te nooit in die koninkryk van God ingaan.  Wat uit 'n menslike liggaam gebore is, is menslik en wat uit die Gees gebore is, is gees."

No comments:

Post a Comment