Monday, January 24, 2011

Winterseisoen

Wat doen ek gedurende winterseisoene van my lewe?

Partykeer word selfs ons daaglikse roetine te veel vir ons, veral tydens die "winterseisoen" van ons gemoed.  Drie items wat in jou bagasiebak ingepak moet wees, is Jesus, jou roetine en oefening.  Jesus sal jou help om deur jou wintertydperk te reis.  Hy was ook mens, Hy het ook wintertye beleef en juis vir ons 'n voorbeeld daardeur gestel om na te volg.  Hy het vir my en jou sondes gely en ook Godsverlate gevoel maar nooit het Hy opgegee nie.  Hy het goeie moed gehou ten spyte van Sy omstandighede.  Jou roetine en oefening sal jou help om goeie moed te hou.  Sleep jou gemoed uit die bed en dwing jouself om te begin oefen, jy sal die vrugte daarvan pluk.

1 Petrus 4:19 "As julle dus ly omdat julle doen wat God wil hĂȘ, moet julle aanhou goeddoen en julle lewe oorlaat aan God wat julle gemaak het.  Hy sal julle nooit in die steek laat nie."

No comments:

Post a Comment