Thursday, January 13, 2011

Verwyte en bekommernisse

Indien jy jou hart vul met verwyte oor gister en bekommernisse van móre, het jy geen vandag om voor dankbaar te wees nie.

Soms kom daar dinge/mense oor ons pad/ iets drasties gebeur dalk in jou lewe en dit laat 'n merk binne in ons "voertuig".  Ek wil vandag aan jou meedeel dat jy nie self die swaar gewig van verwyte of bekommernisse op jou skouers hoef te dra nie.  Wanneer ons dit self wil dra word dit net al swaarder na mate die tyd aanstap.  Soos ons 'n voertuig wat in 'n ongeluk of 'n beskadiging van iemand wat sy voertuig se deur teen jou motor se deur per ongeluk gekap het, kan ons dit neem na die paneelklopper vir herstelwerk.  Wanneer ons die voertuig terug ontvang, lyk dit sommer splinternuut!  Neem vandag jou "voertuig" vir herstelwerk by Jesus.  Laat Hom toe om jou verwyte en bekommernisse en hartseer te hanteer en bid om vergifnis daarvoor.  Hy sal op Sy tyd jou "voertuig" heel.  Dit gaan ook nie oor wie wen en wie verloor nie, maar bloot net oor nederigheid.  Sy woord sê juis vir ons dat die seermaak ons vorm waartoe Hy ons roep in vers 21.  Jesus het aan die kruis gely vir ons en ons moet sy voorbeeld van die hantering van lyding volg.  Hy het immers nie verdien om vir almal se sondes te sterf nie, maar God se doel was dat Jesus vir almal se sonde sterf en Jesus was nederig in God se oë.

1 Petrus 2:19-20 "Dit is immers iets besonders as jy, omdat jy in gedagte hou wat God wil hê, onverdiende houe vat, al maak dit jou seer.  Daar is natuurlik geen onverdienste daarin as julle die houe vat vir 'n oortreding nie.  Om egter die houe te vat wanneer julle goeddoen, dit is iets besonders voor God".

No comments:

Post a Comment