Monday, January 10, 2011

Nuwe uitdagings

Here Jesus, dankie vir nog 'n jaar wat voor ons lê.  Dankie vir dit wat reeds verby is en die wete dat ons net by U voete kan rus in swaartye.  Dankie vir elke persoon wat U oor my pad stuur en vir elkeen wat hierdie blog volg, my gebed vir hom/haar is dat U hulle sal seën in wat hulle vir U kan doen. Amen.

Ons staan weer aan die begin van nuwe uitdagings en telleurstellings. 'n Jaar met opdraandes en afdraandes.  Dit is juis in tye van voorspoed wat jy 'n surplus van brandstof moet opgaar, want soms kan jou voertuig so uitgeput raak in tye van teëspoed, dat jy nie uitkoms sien nie.  Jou waardevolste besitting gedurende hierdie tye, is jou geloof.  Hou vas daaraan en volhard elke dag.  Wanneer ons op 'n "laagtepunt" is, is dit juis die beste begin vir God omdat ons totaal "naak" voor hom staan en Hy die regte uitrusting vir jou kan aantrek op Sy tyd.  Laat Hom toe om al die aardse mure binne in jou af te breek.

Die woord "naak" verwys na ons trots, beheer, beheptheid, belediging, jaloesie, ongesonde begeertes en vele meer.

Fillipense 4:19 "Omdat Christus Jesus dit verdien het, sal my God uit Sy ontsaglike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het".

No comments:

Post a Comment