Wednesday, January 12, 2011

Vertrou Hom

Dank God vir wat jy het en vertrou Hom vir wat jy benodig.

Wanneer 'n mens na jou "voertuig" kyk in die weerskaatsing van 'n spieël, is jy eintlik volmaak.  Hoekom is ons dan nie tevrede met wat ons sien en loop ons alewig met die idee van:  "ek wil hier verander en daar wil ek dit eerder so hê?"  Het jy al ooit in dankbaarheid jouself in die spieël verwonder?, ........ oor jou 10 tone, 10 vingers, 2 bene met voete, 2 arms met hande, volmaakte oë, ore, neus.  God het al hierdie hulpmiddele tot ons beskikking gestel om ons lewens te verryk, nie te kritiseer nie.   Het jy al ooit gevoel hoe harmonieus jy binne in voel na oefening?  Al wat jy benodig, is net daardie titseltjie wil om dit te doen.  Begin klein en neem treetjie vir treetjie.  Ons moet leer om  hierdie "middele" te gebruik en waardeer in stede daarvan om dit te kritiseer, dink jy nie?  Trek aan jou tekkies, begin jou reis in dankbaarheid en vertrou Hom vir wat jy benodig op jou lewensreis.

Heb 10:24 " Laat ons voordurend aandag gee aan mekaar - oor hoe ons mekaar kan aanspoor tot 'n meer kragdadige beoefening van liefde en goeie dade".   

No comments:

Post a Comment