Friday, September 9, 2011

Verbondslawe

Ons posisie word duideliker wanneer ons verstaan dat ons verbondslawe moet wees van Een wat self gewillig was om 'n verbondslaaf te wees.  Sy verstommende nederigheid was duidelik geillustreer in Sy bereidwilligheid om God se slaaf te wees:  sonder regte, gewillig om behandel te word volgens die wil van Sy Vader en die kwaadwilligheid van mense.  Ons moet diensknegte wees vir Jesus wat mense kan dien en na God terugbring.  Eers wanneer ons besef hoe laat ons werklike posisie in Jesus moet wees om Hom te kan dien verstaan ons die betekenis om onder Sy heerskappy te staan.

Fil. 2:6-7 "Hy wat in die gestalte van God was, het Sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word."

No comments:

Post a Comment