Thursday, September 22, 2011

Hoe hanteer ek nederigheid?

Waar nederigheid 'n onwelkome plekkie gehad het, word daar 'n ruim plek geskep daarvoor in jou hart.  Dit word die wederhelf van die siel en hulle verbind hulself aan mekaar.  Waar donderte en onrus op die horison verskyn, word jy bewus dat daar iewers onwilligheid van jou kant was om met nederigheid op die pad na voortdurende gebrokenheid te wandel.  Wat die verskil maak is dat jy altyd bereid is om nederigheid terug te verwelkom en jy soek haar aangesig met berou.

Romeine 12:16 "Konsentreer op dit wat onderlinge eensgesindheid bevorder.  Moenie belangrik wees nie, maar vind julle geluk by die nederiges."

No comments:

Post a Comment