Tuesday, September 6, 2011

Posisie van nederigheid

Jesus verwag van elkeen van ons om 'n nederige posisie in te neem om Sy diensknegte te wees.  Dis nie 'n ekstra verpligting of iets wat jy moet doen wanneer jy so voel of 'n keuse om dit te mag nakom of nie mag nakom nie.  Dit is die hart of kern waaroor jou nuwe verhouding met God as dissipel moet gaan.  Deur hierdie nederige posisie as dienskneg van Jesus in te neem, het jy nie net gemeenskap met God nie maar met jou medemens ook.  Indien jy dit nie het nie, beinvloed dit beide van hierdie verhoudinge negatief.  Deur hierdie nederige houding, vind heiligmaking deur Jesus Christus plaas in jou lewe en bevorder geestelike groei in jou verhouding met die Heilige Gees.

1 Kor 2:13 "As ons hierdie dinge aan julle vertel, gebruik ons nie woorde wat hulle oorsprong het in mensllike slimmigheid nie, maar wat hulle oorsprong het by die Gees.  Ons gebruik woorde wat van die Gees kom om geestelike waarhede te verduidelik."

No comments:

Post a Comment