Monday, September 12, 2011

Die voorbeeld van Jesus

Jesus was self 'n verbondslaaf, een wat gewillig was om een te wees.  Hy was sonder regte, gewillig om behandel te word soos iemand anders (Sy Vader) wou gehad het en die kwaadwilligheid van die mens teen Hom te verduur.  Eers wanneer ons mooi hieroor sit en dink, besef ons hoe laag ons eie posisie in Hom dan moet wees.  Ons diensknegverhouding met Hom kom tot uitdrukking in ons verhouding met ons medemens.  Allermins verkonding ons nie onsself nie, maar vir Jesus.

Fil. 2:6-7 "Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godsgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word."

No comments:

Post a Comment