Friday, September 9, 2011

Verskillende posisie

Eers wanneer ons verstaan dat 'n ware dienskneg posisie verootmoediging en selfverloëning behels, word dit duidelik dat net die wat bereid is om definitief onder die skadu van Jesus te lewe en gedurig die proses van nederigheid en gebrokenheid in Jesus te ondergaan.  Hulle is bereid om konstant eie-wil, onafhanklikheid en hul sondige natuur neer te lê sodat hulle hul posisie in Jesus kan opneem.  In die praktiese toepassing in ons lewe van nederigheid, is daar drie lae waarin dit plaasvind: 
  1. Huurling:  gehuurde diensknegte wat 'n loon betaal word en het sekere regte;
  2. Slawe:  ontvang geen regte of loon;
  3. Verbondskengte:  geen regte of aanspraak op herstel van regte het nie.  Iemand wat absolute eiendom van die Meester is wat met ons kan maak wat Hy wil.
Spr. 2:11-12 "Oordeelkundigheid sal jou vergesel, verstandigheid sal na jou omsien.  Dit sal jou weerhou van 'n verkeerde lewenswyse.  Dit sal jou weghoud van mense wat besig is met verkeerde dinge."

No comments:

Post a Comment