Thursday, September 15, 2011

Kenmerke van 'n slaaf

  1. Gewilligheid om die een na die ander ding te doen, sonder dat sy behoetes enigsins in aggeneem word;
  2. Gewilligheid om die een na die ander ding te doen, sonder om daarvoor bedank te word;
  3. Wanneer die bogenoemde twee geskied het, mag jy nie enigiemand van selfsug beskuldig nie.  Jy is daar om die belange van jou  Meester te doen;
  4. Daar is geen plek vir hoogmoed of om jouself geluk te wens nie, m.a.w. bely dat onsself van geen werklike nut vir God of mens is sonder Sy genade;
  5. Argumente vir selfgenot en selfgerief is oorbodig en moet vernietig word. God het die mens gemaak om diensbaar vir Hom te wees.
Die mens het niks verdienstelik gedoen toe hy ingestem het om Sy posisie in God te aanvaar nie, want God het juis die mens gesken en met herleweing die doel voor oë gehad om te herskep.

Lukas 17:7-10 "As een van julle 'n slaaf het wat besig is om te ploeg of om diere te versorg, sal hy aan hom, wanner hy van die land af kom sê:  maak iets gaar vir aandete.  Bind jou klere van en bedoen my terwyl ek eet en drink.  Eers daarna gaan jy self eet en drink.  'n Slaaf wat sy odragte uitgevoer het, ontvang mos nie dank nie.  Net so is dit ook die geval met julle:  As julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, sê dan:  Ons is net nikswerd slawe.  Ons het bloot uitgevoer wat ons moes doen."

No comments:

Post a Comment