Tuesday, June 28, 2011

Wandel op die Grootpad

Tydens ons wandel op die Grootpad, reis ons nie alleen nie.  Daar is ander mede gelowiges asook Jesus.  Die padreëls van die Grootpad is dat gemeenskap met mede gelowiges net so belangrik is as gemeenskap met Jesus. Hierdie twee onderskeie verhoudings is baie naby aan mekaar verweef en die geringste wat enigiets tussen ons en ons medegelowiges kom, word ons verhouding met Jesus ook versteur, soos byvoorbeeld jaloesie, ongeduld of griewe. 

Titus 3:14 "Ons mense moet leer om nie onproduktief te leef nie.  Hulle moet uitmunt in goeie dade om in ander se behoeftes te voorsien." 

Monday, June 27, 2011

Loop my beker oor?

Die ware toets of ek nog steeds op die Grootpad is, is loop my beker oor?  Het ek die vrede van God in my hart, het ek liefde vir ander en is en nog besorg oor ander?  Indien jou antwoord nee is, het sonde (selfbejammering, eie eer,  iewers ingesluip selfverdediging in daad of gedagte, liggeraaktheid, om in ons eie krag te worstel en te stry , selfbewustheid, skaamheid, terughoudenheid, jaloesie, bekommernis, vrees, ens.) weer ingesluip.  Leef elke dag bewustelik van wat jy doen.

Fil 1:27 " Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees.  As ek dan kom, sal ek self sien, of as ek nie kan kom nie, sal ek deur berigte hoor dat hulle volkome eensgesindheid, standvastig en saamtry vir die geloof in die evangelie."

Friday, June 24, 2011

Love and respect in the family set-up

As parent, how can I respect and honour my children?
Expressing words like "sorry", please" and "thank you".  They will learn from us, set the correct example;
By listening genuinely to them when they are speaking and paying attention to what they are saying - your full attention;
Building them up by acknowledging their contributions and presence;
Spening quality time with them to build good characher - don't neglect them;
Balance your manner of communication - both have the right to participate in the multi-person unit and refrain from one way instruction situations especially with teens.


As a child, how can I honour my parents/those with authority?
Recognize their authority and their right to make rules.  I need to follow these rule because they are intended for my own good;
Talking to and of my parents in a respectful manner, spending time with them, and by having open communicating channels;
Ask their opinion.

Thursday, June 23, 2011

Hoe gaan ek terug op die pad wanneer ek afdwaal?

Wanneer ons kwaad word, gevoel van jaloesie, haat, die "eie ek" wat terugkeer ens. toelaat in ons lewe al is ons op die Grootpad, dwaal ons af want niks wat onrein is kan op die Pad wees nie.  Hierdie pad is heilig.  As ons nie terugkeer nie, sal ons teen die helling afgly in die moeras in.  Wanneer dit gebeur, gaan terug na God en vra hom on vir jou te wys wat daardie gevoel veroorsaak het.  Maak vrede met die feit dat dit dalk 'n tydjie mag neem om tot insig te kom.  God wil vir ons wys dat dit nie die ander persoon wat jou dalk kwaad gemaak het se optrede was nie, maar die wyse is waarop jy gereageer het.

Spr 24:12 "Moenie jou verontskuldig en sê:  "Ons het nie geweet nie".  Hy wat die gedagtes toets, weet mos wat waarheid is.  Hy wat Sy hand oor jou hou, weet wat waar is.  God roep elkeen tot verantwoording vir wat hy gedoen het."

Tuesday, June 21, 2011

Af van die grootpad af

Die "grootpad" is 'n baie nou pad met die gevolg dat ons soms die pad byster raak.  Dit is die gevolg van ongehoorsaamheid of die feit dat die "eie ek" weer besig is om te groei binne in ons in stede van daarvan om te lewe in afhanklikheid van God.  Satan is altyd in die moeras en wag net vir die oomblik dat ons aan die moeras raak.  Deur 'n wilsbesluit kies om nie toe te gee aan satan se aanloklike aanbiedinge.

Rom 2:9 " Daar wag swaarkry en benoudheid vir elke mens wat anhou kwaad doen."

Monday, June 20, 2011

Kruik met die Lewende water

Wanneer ons op die Groot pad reis, dra Jesus die kruik met die kosbare water van die lewe.  Hy stap tot voor ons en vra ons om ons harte oop te maak.  Nou moet ons ons leë hart aan Hom oorhandig en Hy doen 'n deeglike geestelike ondersoek.  Hy sien ons pyn, Hy sien ook waar ons Sy bloed toegelaat het om in ons lewe te vloei en ons hart daardeur gereinig was.  Dan spoel hy die Water van die lewe deur ons hart en beleef herlewing - vol van die Heilige Gees - gevoed met Sy liefde wat ons moet uitleef en besorg moet word oor ander se redding.

Psalm 37:4 " Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee."

Friday, June 17, 2011

Die troos

Jesus se kosbare bloed is besprinkel aan die deur van elke gebroke hart.  Elke keer wanneer ons buk om deur die deur te gaan, reining Sy bloed ons opnuut.  As ons gebreek word in al ons sondes en alles oorgee aan Hom wat reeds vir die op die kruis gesterwe het, kan ons vry lewe in die wete wat Hy reeds gesê het aan die kruis:  "dit is volbring".  Sy pad is altyd in Lig gebaai en alhoewel die moeras waters dreig om op te stoot teen die Pad, maak dit nie deel uit van die Pad nie en hoef ons nie bekommerd te wees dat dit oor die pad sal vloei nie.


Romeine 3:23 "Ons het immers almal gesondig.  Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom.  Maar nou spreek God ons in Sy onverdiende goedheid vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het - en dit sonder enige verdienste van ons kant."