Thursday, May 12, 2011

Jou grondslag

Om in ware gemeenskap met God en my medemens te wees vereis dat ek 'n openlike lewe met beide sal hê.  Om in die duisternis te wandel daar waar niemand ons sien, bring 'n skeidsmuur tussen ons en God asook ons medemens.  Ons moet dus onderskei tussen in die lig lewe en in die duisternis lewe.  Dit is twee teenoorgesteldes van mekaar wat skeidsmure bou tussen mens en God.  Dit is 'n gewilligheid van die mense om die hele waarheid oor homself te ken en oop te wees vir oortuiging.  Ons gees moet gewillig wees om in nederigheid te staan met die geringste aanduiding of aanmaning van ons gewete.

1 Johannes 1:7 "As ons optrede egter van die lig getuig, leef ons soos Hy wat in die lig is en het ons volledig deel aan mekaar, en die bloed van Jesus, Sy Seun, maak ons skoon van alle sonde."

Tuesday, May 10, 2011

Wanneer die eie ek weer uitspring

Ek kan sonde ook pleeg wanneer ek stilswyend voorgee.  Sonde maak ons vals, oneg, vol voorgee en verskonings.  Dit kan ook geskied in die vorm van selfbewustheid en terughoudenheid, aangeplakte hartlikheid, basies enigiets met "ek" in.  Wanneer dit gebeur moet ons onsself herinner dat alles aan die kaak gestel word wanneer die lig daarop val (Ef 5:13).  God is die lig van die skepping en by Hom is daar geen duisternis nie.  Hy sal elkeen aan in die lig stel.

1Johannes 1:5  "Dit is dan die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle meedeel:  God dis lig en daar is hoegenaamd geen duisternis in Hom nie."

Ware gemeenskap

In hierdie wêreld kan ons leef in die lig of in die donker.  Die lig van hierdie wêreld verwys na God en dat Hy alles kan sien wat ons doen.  Duisternis verwys na die feit dat iets nie gesien kan word nie en na satan.  Wanneer ons terreggewys word deur die Heilige Gees word dit lig vir jou daarop gewerp.  Soms doen/sê ons dinge en steek dit weg.  Die eerste reaksie is om te probeer om dit self weg te steek.  Wanneer jy bewus raak daarvan, lees die volgende:

1 Johannes 1:7 "Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde."

Friday, May 6, 2011

Grace

And you know,
when you've experienced
grace and you feel
like you've been forgiven,
you're a lot more forgiving
of other people.
You're a lot more
gracious to others.

By Rick Warren

Thursday, May 5, 2011

Gemeenskap met God

Jesus Christus wat aan die kruis vir ons sondes kom sterf het, het weer die gemeenskap tussen God en mens en gemeenskap tussen mens tot mens herstel.  Die twee is onlosmaaklik aan mekaar verbind.  Wanneer ons in lewende gemeenskap met mekaar verkeer, bevestig dit die gemeenskap wat daar tussen jou en God bestaan. 

Johannes 4:14 "Wie egter van die water drink wat Ek hom gee, sal nimmer as te nooit weer dors word.  Die water wat Ek vir hom sal gee, sal 'n fontein in hom word waarvan die water vir altyd sal bly opborrel."

So moet ons water opborrel na ons mede mens en daardie fontein sal nooit opdroog nie, want Hy is die oorsprong van die Fontein. 

Wednesday, May 4, 2011

Om honger te word

Toe die mens gekies het om homself eerder as God die middelpunt van sy lewe te maak, het die mense se gemeenskap met God asook sy medemens verlore gegaan.  Die gevolg hiervan, is dat ons elkeen ons eie pad loop (Jes 53:6).  Wanneer ek my eie pad lood, i.p.v. God se wil doen, kies ek noodwendig my eie weg bo die van ander.  Die gevolg hiervan is dat onsself in 'n wêreld van spanning, agterdog, misverstande en stryd bevind. 

Jes 53:6 "Almal van ons het weggedwaal soos 'n klomp skape.  Ons het God se paaie verlaat om ons eie te volg.  En toe het die Here ons almal se skuld en sondes op hom laat neerkom."

Tuesday, May 3, 2011

'n Helende hart

Ons hart moet 'n honger hê om in herstelde gemeenskap met God te wees.  Wanneer dit gebeur, is ons nie net bereid om na God te roep nie maar kan ons ook die reinigende bloed van Jesus oor ons lewe laat vloei daar waar dit nodig is.  Dit sal ons lei na gehoorsaamheid en gebrokenheid wat die eerste stap is na herlewing.

Heilige Gees, ek bid dat U vir my sal uitwys waar daar sonde in my lewe teenwoordig is.  Maak my gees gewillig om gehoorsaam aan U te wees sodat ek in gebrokenheid voor U kan staan en myself aan U oor te gee.  Reinig my van dit wat onrein in my lewe is en laat my nie treur oor my sonde nie.  Laat ek opkyk in oorwinning na Jesus Christus en God loof omdat Hy steeds oorwin.  Amen.