Friday, November 26, 2010

Voorskryf

Tensy jy die hele skepping kan skep in 5 dae, is dit miskien nie so 'n goeie idee om vir God voor te skryf nie

Psalm 94:12-13 " Geseend is hulle vir wie U vermaan, Here, vir wie U uit U gebooie onderrig.  U gee hom verligting in moeilike tye......."

Soms gebeur daar tragiese/hartseer/onvoorsiene dinge met 'n mens waaroor jy absoluut geen beheer het nie.  Die belangrikheid hierin lê nie daarin dat jy op 'n hopie moet gaan sit en jouself bejammer oor wat gebeur het nie, maar om eerder in nederigheid na die Here toe te draai .  God laat dit juis toe om dinge met ons te laat gebeur sodat ons verby die seer moet kyk en die les wat jy daaruit moet leer, raaksien.

Jy is oppad om in jou voertuig te klim en te vertrek.  Alles funksioneer in harmonie met mekaar toe jy die voertuig aanskakel en jy beweeg agteruit in jou oprit.  Terwyl jy in tru rat is, voel jy dat iets nie wel is met die voertuig se beweging nie en klim uit die voertuig.  Hou in gedagte dat jy oppad is na 'n baie belangrike vergadering. 

Toe jy na die regter voorwiel kyk, is dit onklaar.  Wat gaan jy maak?  Jy het die nodige gereedskap en 'n handleiding tot jou beskikking.  Gaan jy kwaad word en geïrriteerd wees met almal wat op "jou hopie" waag aandoen vandag, of gaan jy die nodige doen om die band te herstel? Gaan jy die beste van 'n slegte saak maak en eerder die voertuig elke oggend, voor jy vertrek, nagaan?

Is dit weliswaar nie eerder die moeite werd om eerder bietjie moeite te doen om die voertuig vinnig na te gaan in die oggend voor jy vertrek nie?  Doen jy die moeite om terug te dink waar jy moontlik die spyker in die band opgetel het?

No comments:

Post a Comment