Thursday, November 25, 2010

Suksesvolle huwelike

Suksesvolle huwelike is nie om die regte persoon te vind nie, maar om die regte persoon te wees.

1 Petrus 3:1-4, 7-12 " Vrouens, julle moet aan julle mans onderdanig wees.  As daar van julle is met mans wat nie die Woord van God glo nie, en die mans sien hoe Godvresend julle is en hoe voorbeeldig julle julle gedra, sal hulle vir Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens.  Dit sal nie eens vir julle nodig wees om 'n woord te sê nie. Julle skoonheid moet nie bestaan in uiterlike dinge soos haarkapsels, juwele en sierlike klere nie.  Nee, julle skoonheid moet diè van die innerlike mens wees:  blywend, beskeidenheid en kalmte van gees.  Dit het by God groot waarde.

Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleefBewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegaweDan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder. 

Wees almal eensgesind, medelyend, liefdevol (toegeneë teenoor mekaar), goedhartig, nederigMoenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie.  Inteendeel, antwoord met 'n seënwese, want daartoe is julle geroep, sodat julle seën van God kan verkry (beërf).  Daar staan geskrywe: "As iemand die lewe liefhet en 'n lang lewe begeer om die goeie te geniet, moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens.  Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en  jaag dit na!  Die Here sorg vir die opregtes en luister na hulle hulgeroep, maar Hy tree op teen diè wat kwaad doen".


Jou voertuig is toegerus met funksionerende ligte aan weerskante, een links en een regs.  Hierdie ligte moet te alle tye saam aangeskakel wees en in sinkronisasie met mekaar werk, anders bemoeilik dit vir die bestuurder van die voertuig probleme tydens 'n rit in die nag byvoorbeeld.  In 'n huwelik leef twee mense vir mekaar en deel hul diepste menslike behoeftes met mekaar.  Die vraag is nie:  "het God hierdie maat vir my bedoel nie?".  Die vraag is eerder hoe julle as huweliksmaats teenoor mekaar op tree, nadat julle aan mekaar verbind is (leef ek my huwelik soos God bedoel het ek dit sal lewe?)  
Die Bybel stel in gehoorsaamheid belang:  is jy bereid om saam met jou huweliksmaat deur dik en dun te gaan/deur goeie - en slegte tye, blydskap/hartseer.  Is jy bereid om jou maat onvoorwaardelik te aanvaar;  te bemoedig ten spyte van siekte;  by te staan in moeilike tye ten midde van 'n besige skedule/gebeure?

Daar word juis van julle verwag om met mekaar as eenheid te funksioneer.  Julle moet op 'n gesinkroniseerde wyse saam leef sodat dit opvallend sal wees vir ander mense.  Om laasgenoemde te laat seëvier, moet jy en jou maat bereid wees om julleself die een in die ander een se skoene te plaas en daarvolgens saam besluite te kan neem.

Is beide julle voertuig se ligte in werkende toestand of kort dit daardie rapsie fyn instelling?

No comments:

Post a Comment