Here Jesus, vanoggoggend wil ons U loof en U naam besing. Ek bid in besonder vir elke individu wat more sy kruisie gaan trek. Ek bid dat U ook hul keuse sal seën en dat elkeen sal erken U is die Rots waarop ons staan. Laat U genade, wat vir ons onvoorwaardelik beskikbaar is, neer reën op hul wat nie U naam ken nie. Ek bid ook vir hulle wat aan die stuur staan van elke party. Ek bid ook vir hulle wat vanoggend hartseer, depressief of seergemaak voel. Laat U liefde deur hulle harte spoel en deurweek hul van U liefde. Lei ons in U, ons Abba Vader, se geregtigheid en laat U wil geskied en nie ons wil nie. Ek bid dit in die naam van Jesus Christus, ons Verlosser. Amen.
No comments:
Post a Comment