Gedurende die volgende week sal eienskappe van ons God se hart vir ons (sy kinders) bespreek word. Neem dit ter harte en maak dit jou eie deur toe te pas in jou eie lewe.
Hy gee eenvoudig net Sy onvoorwaardelike liefde vir ons sonder dat ons dit verdien het. Dit is tot ons beskikking, ons moet net die geleentheid aangryp om die te gebruik. Die sleutel is in ons hand, ons moet net leer om dit gebruik, die voertuig is reeds tot ons beskikking. Hy is so lief vir ons, dat Hy ons Sy kinders noem. Hoe goed jy die Voertuig koester, hang van jouself af. Is dit nie lekker om te weet jy kan dit maar net kry, verniet, dis joune onvoorwaardelik!
1 Johannes 3:1 "Kyk net hoe 'n groot liefde die Vader aan ons betoon het. Dit is dat Hy ons sy kinders noem en ons is dit beslis ook. Daarom ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie ken nie."

No comments:
Post a Comment