Liefde word versterk deur saam deur konflik te werk.
In 'n verhouding bereik ons soms 'n Cul de Sac, dit draai heeltyd in die rondte . Mense praat altyd van die "7 jaar edge". Dalk is dit dood normaal vir jou verhouding om hierdie punt te bereik, want dit beteken dalk dat ons verhouding gereed is vir verdere groei op 'n ander vlak. Indien julle hierdie pad stap saam met Jesus, wag daar 'n skatkis van beloning aan die anderkant. Doeltreffende kommunikasie en konflik hantering gedurende hierdie tydperk is uiters noodsaaklik en die proses herhaal homself so ongeveer elke 7 jaar. Wanneer 'n paartjie trou, moet hulle juis bewus gemaak word daarvan voordat hulle in die eg verbind word. Deur dit te doen, neem hulle kennis dat: dit wat oor hulle pad kom nie uniek aan hulle is nie, dit is die wyse waarop hulle dit hanteer. Waar die meeste van ons die fout begaan, is dat ons die maklike uitweg wil kies - wat eintlik die moeilikste uitweg is. Ons moenie toelaat dat dit wat God saamgestel het, verwoes word deur ons eie begeertes nie.
Lukas 19:42 "Hy het verder gesê: As jy op hierdie oomblik maar net sou insien watter dinge vir jou vrede bring! Maar nou is dit weggesteek vir jou oë."

No comments:
Post a Comment