Tuesday, May 31, 2011

Om jou span te vorm

Onthou om altyd eerlikheid en opregtheid te gebruik as die basis van jou span.  Dit moet duidelik uitgeklaar met jou spanmaat wees sodat julle op dieselfde "page" is en van daar af kan saam bou.  Indien jy of jou maat of beide van julle nog nie by die Kruis gebreek is nie, wees geduldig, God breek en voeg elkeen by die kringetjie van die Kruis op Sy regte oomblik, nie ons sin nie.  Kom op 'n daaglikse basis bymekaar wanneer dit julle pas en dinge rustig is.  Gebruik hierdie tyd om geestelike gemeenskap te kan beoefen deur tyd saam in God se Woord te spandeer, gebed te doen en geestelike ervarings openhartig/dit wat jy waardeer van jou maat met mekaar te kan deel. 

Spr 4:2 "Die opvoeding wat Ek julle gee, is van hoë gehalte.  Moenie My onderrig ignoreer nie."

Monday, May 30, 2011

Jou masker

Vir julle wat die moed bymekaar geskraap het en dit reggekry het om jou masker af te haal wil ek vanoggend sê baie dankie dat jy die moed gehad het om dit te doen en dat jy 'n tree buite jou gemaksone geneem het en iemand anders daarin toegelaat het om ook so vir jou en die ander persoon tot voordeel te kan wees. 
Vir die wat nog nie genoeg moed bymekaar geskraap het om dit te doen nie, hou aan oefen voor die spieël totdat jy gemaklik is om daardie treetjie buite jou gemaksone te neem.  Ek wil jou verder aanmoedig om wel hierdie tree te neem, al neem dit ook 'n bietjie lank.  Om hierdie tree te neem, maak dit makliker in die toekoms om saam met iemand oor die "heuwels" van die lewe te reis, instede van by jouself.

Spr 3:5 "Vertrou op die Here met alles wat jy het.  Moenie staatmaak op jou eie insigte nie."

Friday, May 27, 2011

Ontmasker jouself

Ek wil vanoggend vir jou vra om jou masker af te haal.  Neem die vrymoedigheid om oor die verloop van die naweek jou masker teenoor jou man of vrou af te haal en openlik met hom of haar te wees.  Wees opreg en eerlik en jy sal verbaas wees wat met jou huwelik gebeur.  Miskien is jy dalk nog huiwerig.  Jy kan voor die spieël oefen en eers aan jouself jou ontmasker.  Ek wil tog vir jou aanmoedig om die vrymoedigheid te neem om teen die einde van die naweek jouself aan jou maat te ontmasker.  Jy kan dit doen en as jy nie weet hoe nie, dan bid jy eers en vra dat die Heilige Gees jou lei.

Hebreers 10:36 "Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam.  Dan sal julle ontvang wat God beloof het."

Thursday, May 26, 2011

Bevry van slawerny

Wanneer ons saam met Jesus wandel is ons bevry van slawerny.  Ons hoef nie onsself te ontbloot aan al wat leef en beef nie, die belangrikste is die gesindheid-gewilligheid om oop en eerlik in die Lig te wandel eerder as die daad self.  Ons moet die wapenrusting van die lig aantrek wanneer ons openlik en eerlik is met bns medemens en wanneer God dit van ons verwag.  Ware deursigtigheid mag vir ons as mens vernederend voel, maar dit maak ons verhouding met Jesus 'n werklikheid en die Heilige Gees gee ons nuwe kennis.

Spreuke 25:13 "Vir die een wat hom stuur, is 'n betroubare booskapper net so verskikkend soos sneeu in die somerhitte van die oes.  Hy gee vir sy werkgewer nuwe moed."

Wednesday, May 25, 2011

My grondslag 4

Wanneer ons eerlik is oor onsself, is ons bereid om ons geestelike privaatheid prys te gee, ons trots in ons sak te steek sodat ons oop en volkome deursigtig in Christus kan wees.  Geestelike trots is 'n ander vorm van geestelike hoogmoed.  Ons troetel nie verkeerde gevoelens teenoor ander nie, maar leef in verlossing nadat ons dit teenoor God bely en berou het. 

2 Tim 4:5 "Maar jy moet in elke situasie jou teenwoordigheid van gees behou.  Moenie bang wees om vir die Here te ly nie."

Monday, May 23, 2011

Toets vir my grondslag

Ons moet ons medemens toelaat om ons te toets aan die lig en ook bereid wees om vir hom dieselfde te doen.  Die grondslag hiervoor moet uit liefde geskied en die doel daarvan is sodat dit aan ons uitgewys kan word wat nie in die Lig hoort nie.  Ons moet onsself leer ken en ook toelaat dat ons deur ons medemens geken kan word soos ons werklik is met die eerlikheid as basis.

Mat 3:8 "Bewys eerder deur julle voorbeeldige lewe dat julle werklik tot inkeer gekom het." 

Thursday, May 19, 2011

My grondslag 3

Soms moet ons onself daaraan herinner dat niks te groot is vir God.  Ons doen ook partykeer onopsetlik sonde en eers nadat ons dit gedoen het, besef ons wat ons gedoen het.  Hy alleen gee vir ons die versekering dat wanneer ons dit bely en na die Fontein van Bloed neem waar dit gereinig word, dit skoon voor Sy aangesig en uit ons hart sal wees.  Dit was ons witter as sneeu en deur in die Lig te bly wandel het ons gemeenskap met God en medemens.

Psalm 37:5 "Vertrou jou lewe toe aan die Here.  Vertrou Hom, en Hy sal vir jou sorg."