Friday, July 22, 2011

Dankie Heer

dat U my met U hand gevorm het;
U het my soos klei gevorm en berei;
Dit is U wat vir my bene, senings en vleis gegee het
en dit versigtig toegevou het met vel;
U het dit met liefde aanmekaar geweef
en U voorsien my van U ruag sodat ek kan asem haal en lewe;
U sorg waak in liefde oor my, elke dag van my lewe.
Amen.

Thursday, July 21, 2011

Wat is verkeerd in ons huis (2)?

Dit gebeur dat ons te bang is om ernstig en openlik te wees oor 'n krisis.  Bang dat ander nie te naby aan ons moet kom en sien wie ons werklik is nie.  Mense vermy iemand wat nie opreg is nie en so word die intieme gemeenskap in die huis negatief beinvloed.  Die behoefte om mekaar werklik lief te hê word ondermyn.  Maar wat beteken liefde dan nou eintlik?  Dit is nie 'n sentimentele gevoel of 'n passie nie. 
1 Kor 13 vertel vir ons dat liefde in der waarheid kwaliteite het soos:
  • dis geduldig en vriendelik;
  • dis nie afgunstig nie;
  • dit praat nie groot nie en is nie verwaand nie;
  • dit handel nie onwelvoeglik (onbeskof) nie;
  • dit soek nie eie belang (selfugtig) nie;
  • dis nie liggeraak (geirriteerd) nie;
  • dit hou nie boek van die kwaad nie (koester geen kwaadwillige/onvriendelike gedagtes oor ander nie);
Die liefde gaan dus nie oor "my" nie maar moet in belang strek van die betrokke partye.

Tuesday, July 19, 2011

Wat is dan verkeerd in ons "huis" (1)?

Ons verhouding met mekaar in die huisgesin is verkeerd:  dis nie waarlik openhartig nie.  Ons leef elkeen agter ons eie skerm sodat die wat selfs die naaste is aan ons, nie weet wat met ons omgaan nie - ons moeilikhede, worstelings, telleurstellings en ook dit waarvan die Here ons moet reinig nie.  Ons probeer dit verberg van God en van mekaar en dit bring sonde mee. 

Rom 12:1-2 "As julle dink aan alles wat God in sy groot ontferming vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as 'n lewende en heilige offer.  Dit is die soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak.  Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvou deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe.  Dan sal julle goed kan onderskei wat Hy wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is."

Monday, July 18, 2011

Teenwoordigheid van die duif

Die duif is 'n teken van vrede - 'n aanduiding dat ons gereinig is deur die bloed van Jesus en waarin ons in nederigheid met Hom, die Lam, wandel. Vrede is die teken van die Heilige Gees se teenwoordigheid en volheid.  Wanneer die duif ophou sing in jou hart, is dit omdat die vrede versteur word en dat die oorsaak sonde is. 

Kol 3:15 "En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee."

Friday, July 15, 2011

Authur unknown

Lord, break me, then cleanse me and fill me
And keep me adibing in Thee;
That fellowship may be unbroken,
And Thy Name be hallowed in me.

Return, O havenly Dove, return,
Sweet messenger of rest!
I hate the sin that made Thee mourn,
And drove Thee from my breast.

Thursday, July 14, 2011

Authur unknown

He humbled Himself to the manger,
And even to Calvary's tree:
But I am so proud and unwilling,
His humble disciple to be.
He yielded His will to the Father,
And chose to abide in the Light:
Bit I prefer wrestling to resting,
And try by myself to do right.


Please follow the next part tomorrow.

Tuesday, July 12, 2011

Waar begin herlewing?

Herlewing begin by die huis.  Herlewing beteken dat daar 'n nuwe lewe in jou hart is plaasvind waarvan die geestelike hernu word en eie inspanning en die selfaangevoerde ek afsterf om meer te word in Jesus.  God gee dit aan ons deur Sy genade en wil ons vul daarmee sodat dit ryklik deur ons kan vloei.  Ons lewe spreek daarvan deur die gemeenskap en eenheid met die waarmee ons saam lewe.  Die huis is die plek waar hierdie eenheid beleef behoort te word. 

Joh 14:16-18 "Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid.  Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie.  Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees."