Monday, July 11, 2011

Steurnis van harmonie

Duisende eeue terug het Adam en Eva geleef vir God en Hom verheerlik.  Hulle was nederig en het hul posisies van skepsels aanvaar asook die onderwerping en oorgawe van Sy wil.  Omdat hulle dit gedoen het was hulle geheel en al aan mekaar onderworpe.  Daar was harmonie, vrede, liefde en eenheid tussen mekaar en met God.  Maar skielik op 'n dag was hierdie balans versteur en het sonde dit bederf.  Hulle het hul gemeenskap en vrede met God en mekaar verloor.  Elkeen was vir homself en het vir homself geleef.  Die resultaat van sonde was nou tweedrag en haat.

Job 39:37-38 "Ek het dwase dinge gesê.  Hoe kan ek U antwoord?  Ek sit my hand op my mond.  Ek het een keer gepraat.  Ek het niks meer om te sê nie." 

Friday, July 8, 2011

Wat kan ek doen?

Wanneer ek afgestomp, alleen, ongewaardeerd, niks meer werd, deur die modder gesleep, poot uit, te kort het aan vreugde, uit stres, pyn in my verlede ervaar het, moedeloos is, skuldig voel of onafhanklik is van iets in my lewe, wat kan ek doen om beter te voel of om nie meer so te voel nie?
Indien jy nog nie 'n daaglikse tydjie afknyp vir gebed en bybelstudie met God nie, is dit die ideale tyd om dit te begin doen.  Dit sal jou geestelike lewe verryk en vorm deel uit van jou genesingsproses.  Sonder hierdie basis sal alle pogings faal om beter te word, want die Heilige Gees is die bron van genesing - Hy bemoei Hom met dit.  God moet die fondament van jou lewe wees waarop jy 'n sterk gees en tempel
(liggaam) bou.

Indien jy dit reeds doen, kan jy 'n selgroepie nader.  Sommige mense is sku of trots om by selgroepies aan te sluit.  Daar is egter baie waarde verbind aan so groepie:  'n mens leer baie uit ander se foute, dit stimuleer geestelike en persoonlike groei in jou verhouding met God.  Soos Jesus moet ons leef in die Lig van God en wanneer ons dit doen ervaar ons 'n wonderlike gemeenskap met ander en put ons vreugde daaruit.  Dit is nie al nie - die kosbare bloed van Jesus reinig ons van sonde.  Soos jy groei sal jy leer om jouself voortdurend te reinig deur Sy bloed want almal doen daagliks sonde.

Sommige van ons voel dit wat ons ervaar is heeltemal oorweldigend en kan dit nie self hanteer nie.  Wanneer jy so voel, mag dit vir jou tot voordeel wees om 'n pastorale berader te nader sodat hy/sy vir jou kan help.  Wanneer die proses egter voltooi is met die pastorale berader, gaan terug na stap twee toe - die selgroep.  'n Mens moet opreg verbind wees om 'n probleem op te los en bereid wees om vandaaraf te groei.

Wednesday, July 6, 2011

Sonde weerhou herlewing van God se mense.  Hoe keer die Duif terug in my lewe en ervaar ek Sy vrede en krag?  Ons het nodig om nederig, sagmoedig en onderworpe te word aan die Heilige Gees sodat Jesus se bloed in ons lewe besprinkel kan word.  Soms moet ons net stil staan en wonder, hoe gewond en seergemaak Jesus vir my sonde moes gewees het?  Dit is dan juis wanneer ons ons sonde in Jesus se hart raak gesien het en hoe verkeerd dit was, dat ons gebreek word en gewillig word om ons sonde te bely en dit reg te maak wat ons verkeerd gemaak het.  Wanneer dit gebeur, word ons gereinig van ons sonde en ontvang ons vrede en seën in ons lewe.


Engelse gebed:
Lord, break me, then cleanse me and fill me
Keep me abiding in Thee;
That fellowship may be unbroken
and Thy Name be hallowed in me.
Amen.

Tuesday, July 5, 2011

Eienskappe van die Lam voor Sy slagting

Hy was gewillig om geskeer te word van al Sy regte, reputasie en elke moontlik vryheid wat Hom toegekom het.  Hy het dit sonder enige teenstand gedoen.  Terwyl Hy deur mense fisie - en emosioneel geslaan was met voorwerpe en hul tonge het Hy nie teruggeslaan nie, Hy was die mindere.  Hy het gely en hulle nie gedreig nie.  Daarinteen, verwag ons om altyd behandel te word met eerbied wat ons toekom, ons is nie bereid om dit wat ons eie is terwille van Hom te verloor nie.

Joh 15:13 " Niemand het 'n groter liefde as hierdie nie:  dit is dat iemand sy lewe opoffer ter wille van sy vriende." 

Monday, July 4, 2011

Die karakter van die Lam

Jesus in mens, het geen planne van Sy eie gehad het nie, maar uitsluitlik die van Sy Vader.  Hy was hulpeloos en eenvoudig.  Hy het geen krag of wysheid van Sy eie gehad nie, geen planne beraam om Homself uit die moeilikheid te red nie, maar net voortdurens gestreef daarna om afhanklik te bly van Sy Vader.  Ons aan die ander kant, is selfgesentreerd en wil konstant in beheer wees maar juis om hierdie rede het die Duif (Heilige Gees) tot ons redding gekom sodat ons ook afhanklik kan bly van God.  Die vraag is net, gaan ons gewillig wees om dit te doen?

Joh 5:19 "Die Seun kan niks uit Sy eie doen nie.  Hy doen maar net wat Hy die Vader sien doen."

Friday, July 1, 2011

Dra jou vrugte

Geestelike groei en 'n oorwinnende lewe is die vrug van die Heilige Gees en mag ons geen erkenning daarvoor ontvang nie.  Daar word nie van ons verwag om vrug te lewer nie, maar om dit te dra.  In Johannes sien ons dat die Lam van God ons sonde weggeneem het en dat 'n dit op Hom neergedaal het.  Beide is saggeaarde diere, die lam spreek van sagmoedigheid, oorgawe en onderworpenheid en die duif van vrede.  Dit simboliseer vir ons dat ons nederig moet wees wanneer ons met God wandel.  Wanneer ons wil hê die Heilige Gees moet in ons kom bly, moet ons bereid wees om gewillig te wees sodat die duif ook rustig op ons kan sit sonder om te skrik en weg te vlieg. 

Lukas 7:27 "Kyk, Ek stuur my booskapper voor jou uit, en hy sal die pad voor jou gereedmaak."

Haal af die masker

Wanneer ons 'n masker dra om sonde weg te steek, byvoorbeeld as ek so kwaad was vir iemand omdat hulle nie gedoen het wat hulle belowe het nie, laat die masker ons in die duisternis inbeweeg.  Dit verwyder ons van God wat in die Lig is waar alles oopgewerp word.  Dit beteken dat ons nie opreg voor ons medemens asook teenoor God is nie.  Enige vorm van sonde moet erken word sodat dit met die bloed van Jesus gereinig kan word en sodoende sal ons verhouding met ons medemens en God herstel word.  Ons sondig op 'n daaglikse basis en om elke dag te vra in gebed dat Jesus ons skoon was van alle onreinhede, bring vernuwing, vorming, groei en sal herlewing vir jou ook bring wat nog nie hierdie kosbare geskenk ontvang het nie - hou aan.

Rom 8:26 " Die Gees van God help ons ook nog boonop in ons onbeholpenheid.  Ons weet immers nie mooi wat en hoe ons moet bid nie.  Maar die Gees self neem ons gebedsbehoeftes voor God op met versigtinge wat nie in menslike taal verwoord kan word nie."