Sunday, June 12, 2011

Gebed om gebrokenheid

Om gebroke te wees voor God, wil ons Sy wil en nie ons eie wil laat geskied nie.  Hy gee vir ons innerlike krag deur Sy Heilige Gees wat in ons woon, sodat ons harte deur Sy liefde en gebrokenheid wat in ons plek gesterf het, geweek kan word.  Daardeur sê ons dat ons 'n diep innige verlange het om 'n intieme verhouding met Hom te hê en in stand te hou.  Om ons verhouding met Hom in stand te hou, is baie belangrik.  Ons moet nie as vanselfsprekend aanvaar dat ons Sy Heilige Gees ontvang het en ons nou agteroor kan sit nie.  Nee, dis 'n aktiewe deelname met die Heilige Gees wat veroorsaak dat ons geestelik groei.

Indien jy nog nie die Heilige Gees ingenooi het om binne-in jou te kom woon nie, of miskien wil jy jou opnuut weer wil verbind tot God, bid die volgende: 
Vader, ek het 'n brandende begeerte in my hart om U innige te ken.  Help my asseblief dat ek sal minder word en U meer sal word binne-in my.  Kom breek my eie wil en laat Christus in my leef.  Ek wil my hart uitgiet voor U en die eienaarskap van my hart aan U oorhandig.  Lei my om in 'n aktiewe verhouding met U te staan, van nou tot in alle ewigheid.  Amen. 

Friday, June 10, 2011

Maak seker jou koppigheid weerhou jou nie om te buk en deur te kruip nie

Die oorsprong van hardkoppigheid is in die tuin van Eden saam met Adam en Eva.  Soms is ons hard en onbuigsaam; oorgevoelig, liggeraak, naywerig, ons probeer met ons eie krag dinge doen, is krities en vergewe maar vergeet nie.  Dit bekruip jou soos 'n dief in die nag.  Ons gee toe aan ons eie selfsugtige begeertes en daardie trots binne in ons staan stadig maar seker weer op sonder dat ons bewus is daarvan.  Maak seker dat jy hierdie patroon afbreek en eerder nederig word in God se oë.  Om gebroke te staan voor Hom is om geen regte as mens te hê nie.

Luk 11:8 "Tog sê Ek vir julle, al sou hy dit nie as vriend doen nie, as jy net lank genoeg aanhou klop, sal hy opstaan en vir jou gee wat jy vra sodat sy naam nie skade moet ly nie."

Thursday, June 9, 2011

Die lae deur aan die voet van die kruis

Op die kruin van die steil heuwel is daar 'n kruis, die kruis van Golgota.  Dit bewaak die weg na die pad na Christus.  Aan die voet van die kruis is daar 'n verskriklike lae deur waardeur ons moet ingaan.  Ons moet buk en deurkruip om op Christus se pad te kom en daar is geen ander manier hoe ons andersins op Sy pad sal kom nie.  Dit word genoem die deur van gebrokenheid.  Slegs wanneer ons so gebroke is dat daardie "eie ek" gebreek word, buk en kruip ons deur daardie lae deur. 

Johannes 3:5-6 "Jesus het geantwoord:  Ek verseker jou, as iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy so nimmer as te nooit in die koninkryk van God ingaan.  Wat uit 'n menslike liggaam gebore is, is menslik en wat uit die Gees gebore is, is gees."

Tuesday, June 7, 2011

Hoe om op die pad te kom

As mense is ons sondaars en bevind ons onself in die moeras.  Die enigeste manier om op die pad uit te kom is deur die steil heuwel van  belydenis van sonde en reiniging daarvan te klim.  Ons bestyg hierdie opdraande heuwel op ons knieë.  Die mens moet brand met 'n vurige verlange om op hierdie pad te kom.  Op hierdie pad van verlange moet jy nie haastig wees nie want God wil jou met 'n intense begeerte vul, wees geduldig maar behou jou vurige verlange.

Jer 29:13"Julle sal vra na My wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra."

Monday, June 6, 2011

Hoe lyk die pad van die oorwinningslewe?

Dit is 'n eenvoudig en gewyde pad, ons wil dit te ingewikkeld maak.  Stel jouself voor jy is op 'n pad (Jesus)wat omring is deur moeras (wêreld).  Ons almal weet dat dit opdraandes en afdraandes het.  Wanneer daar 'n opdraande is, is dit wel moeiliker om dit op te klim maar dis nie onmoontlik nie.  Daar is baie gevare om in die moeras in te beweeg, maar ons sal veilig bly indien ons seker maak ons bly op die pad. 

Jes 35:8-9 "Daar sal 'n groot pad deur die woestyn loop en dit sal bekend staan as die gewyde pad."

Friday, June 3, 2011

Never Fear

Maybe you are in the process of reorganization in many areas of your life. Do not resist this course of change, for in the not-to-distant future you will be able to look back at this time and know that these alterations were absolutely necessary to your well-being both in the natural realm and in the spiritual realm as well.

Never fear, because I will lead you every step of the way as you yield to My direction, says the Lord.

Isaiah 58:11 The LORD will guide you continually, and satisfy your soul in drought, and strengthen your bones; you shall be like a watered garden, and like a spring of water, whose waters do not fail.

Thursday, June 2, 2011

Onderhou jou span

Maak seker dat julle eensgesind bly in jul voorbidding, reik uit na jou kinders, familie en vriende met getuienis van Jesus.  Dis 'n kragtige wyse om ander op hierdie kragtige wyse aan te raak sodat Jesus hulle ook kan red en seën met 'n intieme gemeenskap met mekaar en Hom.  Jy sal ook die wonderlike werking hiervan begin waarneem en hou jou oë oop, dan kan jy ook die wonderlike werking in jou eie lewe raaksien.  Soos wat dominos geraak work en omval, raak jy ander mense aan.  Die verskil is net, hulle val nie, hulle staan op!

Hand 1:8 "Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel."