Wanneer God jou lei om met iemand te praat oor sy foute moet jy nie bang wees nie. Moet ook nie argumenteer of druk toepas op die persoon nie. Sê net dit wat God op jou hart geplaas het en laat dit daar, jy plant die saadjie. Dis die Heilige Gees se werk om hom te oortuig, nie jou werk nie. God het die regte tyd bestem om daardie persoon se "trotse, hardkoppige, eie ek" gewillig te maak om te buig voor Hom. Onthou ook dat wanneer dit jou beurt is om gekonfronteer te word, jy nie jouself verdedig of jou optrede probeer verduidelik nie. Aanvaar dit in stilte en dank die ander persoon wat jou terreggewys het en dank God daarvoor. Gaan nou en gaan raadpleeg God oor hoe jy dit moet hanteer.
Jes 50:10 "Wie van julle dien die Here en doen wat Sy dienaar sê? Hy wat sonder enige lig in die donker loop, moet vertrou op die Naam van die Here en staatmaak op sy God."